Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 4

••• REDA K TE U R SBR I EF Vier fees hoofredakteur Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 [email protected] IN DIE DROOGTE D is moei­ lik, maar in moeilike tye moet mens tog fees vier as mylpale behaal word. Die woord fees is afkomstig van die Latynse woord festum of festa, wat later na festivus en festivalis verdraai het tot vandag waar ons van fees of karnaval praat. In hierdie moeilike tye kan mens soms vergeet hoe om fees te vier. Die antwoord lê daarin dat, ondanks die droogte wat ons teister, daar nog steeds rede is om fees te vier. In Mei vier NAMPO sy 50ste bestaansjaar en van­ jaar is Senwes Grainlink en Hinterland ook daar. Ons wens ook Senwes se Jaco Minnaar geluk met sy aanstel­ ling as die nuwe Voorsitter van Graan SA. Senwes Equipment het weer 11 van die land se top 50 tegnici in sy eie geledere gehad, met twee wat deurgedring het na die top 10. Myburg de Bruyn het die derde plek opgeraap. Verder is dit ook tyd om Grasland amptelik by Senwes Hoofkantoor te verwelkom nadat hulle einde 2015 hul hoofkan­ toor na Klerksdorp verskuif het. Senwes Grainlink beweeg ook vooruit met hulle suksesvolle silokonferensie in Parys, die nuwe Grainlink toepassing en die feit dat Senwes Grainlink sy produsente ondersteun met natter graan wat ontvang word. Dit word ook aangevul met ‘n fokus op Bothaville, die gebied, die tak, silo, asook ‘n produsent in die omgewing, Herbert Brui­ 2 nette. Ons gaan voort met ons fokus op opkomende produsente en vier ook Herbert Mabuza se suksesvolle oorskakeling van die mediawêreld na boerdery. Ds Carel Botma, ook van Bothaville, ontleed die druk op die produsent. Ons gebruiklike rubrieke gaan voort met Thys Grobbelaar se Druppels op die Dak en Graanmarkvooruitsigte, Susari Geldenhuys se Safex Scenario’s, Willie Botha, Jen­ ny Matthews en vele meer. Huntex word by Gallagher Landgoed gehou en jy kan op bladsy 12 van Hinterland se betrokkenheid daar lees. Om dit aan te vul vertel Jaco Kruger ons meer oor knaldempers in Hoe maak ek my jaggeweer meer akkuraat. Dan bespreek James Cameron die impak van die Wapenwet en wat dit alles behels. Ons vier ook in hierdie uit­ gawe Senwes Scenario se tweede aanlynu