HA N D E L SN UUS
Die psige van ’n boer
Hier moet die boer as wese
beskryf word. “ ’n Boer bly in
wese ’n boer. Dit is ’n roeping.”
En wat erger is, is dat ’n boer
net ’n boer op sy eie plaas is. Die
swaarkry raak soms net te erg.
Daar is ’n emosionele verbon
denheid aan graan en diere. Dit
gaan ook gepaard met ’n gewel
dige verantwoordelikheid teen
oor sy huisgesin, werkers, diere
en die land.
situasies waar produsente nie
meer kan produseer nie en die
uitgawes ophoop. “Nou verg dit
mannemoed!”
Veeboere sukkel erg
Ons is nie klippe nie. Dit is
swaar om te sien hoe jou oes
deur die hitte verwoes word.
“Maar ’n mielie kom bulk nie
honger en dors by die hek vir jou
nie.” Diere wat rusteloos by die
krippe rondmaal is gereelde beel
de wat gesien word. Dit breek
boere se harte. Soveel so dat hulle
selfs stoetdiere laat slag. ’n Mielie
vrek stil maar om diere te sien
sukkel, is erg. Boere kan dit net
nie meer aanskou nie.
Boere is die eerste linie
Produsente is min in getalle.
Maar hulle verteenwoordig bloot
die eerste linie van swaarkry.
Hulle verskaf kos aan baie
mense. Maar op die einde het
hulle swaarkry ’n rimpeleffek op
die ekonomie. “Die pappot is
besig om te val.” Mieliemeel is
die basiese voedsel en miljoene is
hiervan afhanklik.
Die grond
Daar is ook ’n diepe verbintenis
aan grond. Lande wat wegwaai is
lande waar sweet en bloed inge
ploeg is. Dit is in baie gevalle ook
erfgrond, iets om aan kinders oor
te dra. Sentiment is onlosma
kend gekoppel aan grond.
Wat boere nou ervaar is die
magteloosheid om maksimum
boer te wees.
Dit kan uitkring van ’n emo
sionele krisis tot ’n identiteits
krisis. Wie is ek en wat is ek?
Onthou hier dat menswees baie
groter is as hektare, mielies en
beeste. Produsente moet weet
hulle is nog steeds mens.
Gevaartekens en rooi ligte
Tekens van depressie is neerslag
tigheid, verlies aan genot, emo
sionele en sosiale onttrekking.
Dit is die gevaartekens. Almal
van ons gaan deur slegte tye en
baie het al gedagtes aan selfdood
gehad. Maar die alarms moet
afgaan as jy begin dink: Hoe
gaan ek dit doen? Dan moet jy
onmiddellik hulp soek!
By wie?
Enigiemand! Baie het ’n goeie
verhouding met ’n predikant, ’n
vriend of getroue plaaswerker.
Selfs die persoon agter die kas
register. Praat net!
•••
Die onlogiese word logies
Mense word so oorweldig deur
emosie dat selfs die onlogiese
logies lyk. Indien jy hier is, deel
jou gedagtes sodat jy ’n nuwe
perspektief kan kry.
Hoe help mens?
Ander moet hulle oë oophou en
hand uitsteek. Moenie vra hoe dit
gaan nie. Sê eerder: “Ek kan sien
jy kry swaar, vertel my daarvan.”
Die droogte is regverdig.
Almal kry swaar. Moenie een
saam en alleen voel nie. Gewone
mense se hulp word hoog aan
geskryf. Benewens predikante,
sielkundiges en beraders, kan
gewone mense ook simpatiseer.
“Ek het ook ’n tuin wat vrek, ek
kry ook warm saam met die boe
re, my boorgat het ook nie meer
water nie". Wees daar vir mekaar.
Nog dinge om voor uit te kyk:
Versteurde slaappatrone, ge
dragsveranderinge, veranderde
eetpatrone. Soms is dit baie sub
tiel, so wees oplettend. Vorms
van afskeid neem, klaarmaak. Jou
dood klink dalk na ’n sinvolle
oplossing vir jou, maar dit laat
jou kind en vrou met vrae wat
nooit beantwoord sal word nie,
al los jy ’n lêer vol briewe agter.
Selfdood is ’n keuse - maar nie ’n
goeie keuse nie. Dit het lewens
lange gevolge.
Boodskap aan ondersteuners:
Mens kan nie iemand onbeperk
ondersteun nie - net tot op ’n
punt.
Party boere het droog geplant
waar dit nie gunstig vir opvolg
reën was nie. Daar word gesê
dat ’n boer homself nie kan help
as hy reën geruik het nie. Dit is
asof die planter homself haak.
Dit bevestig net weer dat daar ’n
haarbreedte tussen ontkenning
en geloof is.
SENWES Scenario • Apr/Mei 2016
33