Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 34

••• HA N D E LSN U U S AUBREY KRUGER Wanneer die druk op produsente te veel word... PRODUSENTE LAND­ WYD ERVAAR TANS DIE ERGSTE DROOGTE. DIT HET OPNUUT DIE KLEM GEPLAAS OP DIE GEWELDIGE DRUK WAT HULLE ERVAAR. MAAR WAT WEET ONS REG­ TIG? SENWES SCENARIO HET DIEPER GAAN DELF OM HIERDIE SITUASIE TE ONTLEED. CAREL BOTMA, ‘N PREDIKANT EN BERADER IN BOTHA­ VILLE, VERSTAAN DIE DRUK. Stressore van produsente Botma het 14 stressore op produ­ sente geïdentifiseer. Hoe beleef produsente stressore en wat is die impak op hul lewenskwa­ liteit? Stres word in twee groepe verdeel, beheerbare en onbeheer­ bare stres. Botma het bevind dat on­ 32 beheerbare stres ’n baie groter impak het. Hierdie druk moet nie ligtelik opgeneem word nie, waarsku Botma. Die boer sit met ’n gefrustreerde magteloosheid. En wat meer is, dit kan chronies raak en op ’n negatiewe wyse neerslag in hulle lewens vind. Hoe hanteer produsente dit? Met konstruktiewe en destruk­ tiewe meganismes. Produsente se sterkste konstruktiewe me­ ganisme is spiritualiteit. Dit is om op persoonlike vlak geloofs­ gemeenskap met God te hê. Maar waarom geloof? Geloof gee betekenis en toekomsverwagting. Dit is problematies op ’n heelte­ mal ander vlak. Afgesien van die huidige bestaanskrisis, eskaleer dit in intensiteit tot ’n geloofskri­ sis waar hulle vra: “Ek bid, maar hoekom reën dit dan nie?” Wat is die antwoord hierop? Botma erken prontuit dat hy nie weet nie. Maar, ’n mens kan dit beslis nie toedig aan straf op sonde nie. HZHX[