Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 30

••• AUBREY KRUGER HA N D E LSN U U S MEER OOR JOU SENWES EQUIPMENT WERKSWINKELBESTUURDER Pieter van Eeden M et hierdie areafokus is ons fokus op Senwes Equipment se Werkswinkelbestuurder, Pieter van Eeden, wat dié rol op Bothaville vervul. Pieter is al vanaf 2001 in landbou betrokke en was eers die Werkswinkelbestuurder by Afgri Middelburg voor hy vanaf 2011 by Senwes betrokke geraak het. Pieter en sy span is eerste by jou wanneer jy probleme ondervind en met JD Link gaan die span net al hoe meer effektief raak. Pieter is in kort ’n gesinsman en “wat jy sien is wat jy kry”. Hy en sy toegewyde span werk nou saam met produsente. Hy maak altyd seker dat diens en prys gehandhaaf word. Pieter se toewyding, eerlikheid en opregtheid ondersteun die produsent selfs verder. Pieter is al 10 jaar met sy vrou Hanli getroud en hulle het drie kinders, Cherize, Lumé en Lika en ’n vierde kleinding, die keer ’n seuntjie, maak in Julie sy opwagting. Senwes Equipment Werkswinkelbestuurder by Bothaville, Pieter van Eeden. AUBREY KRUGER KROONSTAD - DEEL 2: BEN BRINK, jou getroue Senior Graanverkryger BEN BRINK, getroue Senior Graanverkryger in Kroonstad. Ek sê getroue want die man is al sedert 1988 by Senwes en sedert 1996 al in Kroon­stad gevestig. Interessant van Ben is dat hy, anders as Carike Keuzenkamp se Aai Aai die Witborskraai eerder van die Wes-Kaapse rigting na die binneland beweeg het. Die Mosselbaai-gebore Ben het op ’n vroeë ouderdom na Pretoria getrek. Daarna het hy aan die Hoër Landbouskool Brits gematri­ kuleer, nou bekend as Wagpos. Hulle was daardie tyd sowat 230 seuns in totaal in die skool en almal in die koshuis, “Dit was lek­ ker!” Daarna het hy BSc Agric 28 (Diereproduksie) by Tukkies studeer. Hy het na sy twee jaar diensplig nog ’n jaar op Tukkies vir sy Hoër Onderwysdiploma studeer en daarna begin skoolhou by Wagpos, waar hy landbouvakke aangebied het. VERRUIL ONDERWYS VIR LANDBOU Na vyf en ’n half jaar in die onder­ wys het hy in September 1988 by Senwes aangesluit as Veekundige by Landboudienste in Klerksdorp. Hy het homself verder bekwaam en na verdere studies het hy in 1996 as Landbou-ekonoom na Kroonstad uitgewyk. GRAANVERKRYGER Met die wegbeweeg van die een­ Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario kanaalbemarking van graan na die vryebemarkingskanaal, het hy in 1998 as Graanverkryger by Graanbemarking in Kroonstad aangesluit. Sy primêre funksies is die aankoop van mielies, sonne­blom, sojabone, koring en graansorghum vir Senwes by produsente. Dan ook om graan­ markinligting aan produsente te verskaf. Op persoonlike vlak is Ben getroud met Petra en hulle het twee kinders wat beide in Pretoria woon en werk. In sy vrye tyd hou Ben van lees en sport en hy en sy vrou probeer om minstens 4 keer ’n week sowat 30 tot 35 kilometer te gaan draf. Volgens Ben is dit ’n uitstekende uitlaatklep vir frustrasie.