Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 28

••• NUUS Herbert Mabuza AUBREY KRUGER Van mediaman tot boer... DIE INGELIGTES SAL HERBERT MABUZA ONTHOU AS BEKENDE JOERNALIS EN FOTOGRAAF. H erbert het ’n lang geskiede­ nis in joernalistiek en het in 1982 by die mediabedryf be­ trokke geraak. Hy het eers vir die Sunday Express gewerk, totdat dit gesluit het, waarna hy by die Star en Sunday Times aangesluit het. Hy was later die Hoofredakteur van die Star en daarna die Sowetan en Sunday World en het die bedryf in Junie 2015 verlaat. “Ek was mal oor my werk by die koerante. Ek het heel onder begin en hard ge­ werk om bo uit te kom.” Alhoewel hy baie uitgesproke is oor sy medialoopbaan, praat hy selde oor die jare wat hierdie won­ derlike tyd in sy lewe voorafgegaan het. “Die tyd in my lewe waaroor ek nooit praat nie.” Ten einde hom ten volle te ver­ staan, is dit nodig om meer oor die vroeër jare te hoor. Herbert het vir ’n tyd lank verdwyn - tydens sy laat tienerjare. “Ek was ’n gas van die regering vir ’n tyd lank,” alhoewel dit teen sy sin was. Wat dit ookal mag beteken. Dit is hoe Herbert sy 18 maande gevangenis­ straf beskryf, wat hy in afsondering uitgedien het. Dit het gekom na sy deelname aan die Soweto Onluste in 1976, toe hy nog op skool was in Orlando Wes. 26 HOEKOM BOERDERY EN HOEKOM NOU? Die 57-jarige se belangstelling in boerderysake kom al ’n tydjie maar, uiteraard, was dit jare gelede nie moontlik nie. In 2007 het hy begin uitkyk vir ’n plaas en uitein­ delik van Randburg na Randfon­ tein getrek en op 5 November 2013 na sy plaas Blaauwbank by Elandsfontein. DIE OORGANG NA BOERDERY Hy was eers ’n naweekboer. Hy het aan die einde van 2014 afgetree, maar aangebly tot Junie 2015, waarna hy slegs op boerdery kon begin fokus. “Boerdery het altyd ’n geweldige aantrekkingskrag vir my gehad. Dit was altyd in my agterkop dat ek eendag ’n plaas sou besit.” “  ’n Mens moet iets doen waar­ oor jy passievol is.” Herbert is in Alexandria gebore en die koerant­ wêreld was altyd sy passie. “Ek het nou aanbeweeg – Nou is boerdery my passie.” Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario BLAAUWBANK Die naam van Herbert se plaas is Blaauwbank - ’n naam wat hy oor­ geneem het van Boet Reynecke toe hy die plaas gekoop het. Dit is ’n 1 183 hektaar plaas met sowat 350 hektaar bewerkbare grond waarop hy 200 hektaar wit- en geelmielies plant. Hy het ook sowat 204 Bonsmaras, 125 skape en dit brei steeds uit. SY SIENING OOR BOERDERY Herbert het oorsee gereis in die Verenigde State van Amerika en Holland om organiese en volhou­ bare boerderypraktyke te onder­ soek. “Ek glo dat ’n mens na die omgewing moet kyk.” Hy het Boet Reynecke ontmoet toe hy die plaas gekoop het en baie hier op die plaas geleer. Boet sou my skakel met “ek oes nou, kom kyk wat ek doen”. SENWES “Ek het ’n stadium bereik waar