Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 19

JUANITA GREYLING N UUS ••• SENWES GRAINLINK STEL tip-top toep vry VIR DIE VAN JULLE WAT GEPRIKKEL WORD DEUR JSE (SAFEX) KOMMODI­TEITSPRYSE, INDEKS­PRYSE OF BELANGSTEL IN DIE VERANDERENDE WEERPATRONE, IS DIE SENWES GRAINLINK TOEPASSING NET VIR JOU! DIE NUWE, INTYDSE EN TEGNOLO­ GIESE TOEPASSING KAN NOU AFGELAAI WORD. WAT IS DIE SENWES GRAINLINK TOEPASSING? Die Senwes Grainlink toepassing is gratis en spesifiek ontwikkel om relevante graanmarkinligting te alle tye toeganklik te maak vir rolspelers in die Suid-Afri­ kaanse mark. WAT BEHELS DIE TOEPASSING? Hierdie relevante graanmarkinligting sluit daaglikse markinligting met betrekking tot graan en oliesade, finansiële nuus, asook plaaslike en internasionale weer- en reënvalkaarte in. Lewendige JSE (SAFEX) pryse vir witmielies, geelmielies, VSA corn, sonne­ blom, sojabone, koring en sorghum met eenvoudige, dog sinvolle prysgrafieke word gratis beskikbaar gestel. Internasionale indekspryse vir corn, koring en soja, asook die mees relevante wisselkoerssyfers, stel jou in staat om die verandering in hierdie waardes sedert die vorige marksluiting te beoordeel. WAT IS DIE MOTIVERING AGTER DIE TOEPASSING? Daar is ’n behoefte in die mark geïdentifiseer waar onmiddellike en relevante graanmarkinligting deur die rolspelers verlang word. Die Bestuurder van Senwes Graanmakelaars, Frans Dreyer, is van mening dat die toepassing gebaseer word op innoverende en tegnolo­ giese vooruitgang deur markinligting in die palm van die gebruiker se hand te plaas. Geen onnodige tyd hoef meer afgestaan te word aan makelaarsoproepe, die internet of SMS’e nie. “Die gebruiker hoef ook nie meer bekommerd te wees oor ’n ‘15 minute’ ver­ traagde pryssyfer nie, omdat die toepassing intydse, lewendige pryse deurgee en kennisgewings op die toepassing uitstuur om om die gebruiker op hoogte van sake te hou.” Hierdie toepassing is nie alleenlik voor­ delig vir die rolspelers in die mark nie, maar ook vir Senwes! IS DIE TOEPASSING GEBRUIKERSVRIENDELIK? Die groot kommer onder vandag se sakelui is of al hulle belangegroepe die tegnologiese veranderings sal kan toepas en effektief sal kan benut. Volgens Frans is die Senwes Grainlink toepassing ontwikkel