Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 17

N UUS Senwes Grainlink – ••• U besigheidsvennoot in landbou AUBREY KRUGER SENWES GRAINLINK IS GEFOKUS OP DIE TOTALE BEHOEFTE VAN DIE KLANT. U KAN BY U NAASTE SENWES SILO NOU MIELIES MET ‘N VOGINHOUD VAN TOT 18% EN SONNEBLOM MET ‘N VOGINHOUD VAN TOT 12% LEWER SONDER DROGINGS­KOSTE. S enwes Grainlink verstaan die boer se behoefte in hierdie droogtetyd om sy graan so vinnig as moontlik in die mark bekend te stel en sodoende die prysvoor­ deel maksimaal te benut. Senwes verleen dus verdere ondersteuning aan sy produsente en klante deur geen drogingskoste te verhaal nie en deur geen verhoging vir die hanteringskoste van mielies en sonneblom in te stel nie. Mielies met ’n voginhoud van tot en met 16% is in die verlede hanteer. Dit is nou verhoog tot 18% sonder enige drogingskoste. Sonneblom met ’n voginhoud van tot en met 12% word tans hanteer, sonder drogingskoste, in vergely­ king met die 11% voginhoud van die verlede. Die inneem van mielies en son­ neblom met ’n hoër vogpersentasie is onmiddellik van krag, maar is net op beperkte hoeveelhede per silo van toepassing. Een van die voordele van boge­ noemde aksie is dat dit die impak van swerms duiwe sal beperk. Dié swerms sak normaalweg toe op veral sonneblomlande wat besig is om af te droog en groot oppervlak­ tes kan in die bestek van ’n paar dae opgevreet word. Die hantering van mielies en sonneblom met ’n hoër voginhoud is moontlik gemaak deur ’n kapi­ tale projek van Senwes wat oor ’n drie jaar tydperk strek en meer as R100 miljoen beloop. Hierdie projek fokus op deurlugting en versnel­de inname van graan. Sen­ wes is tans in die tweede jaar van hierdie program. Verdere voordele met betrek­ king