Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 16

••• AUBREY KRUGER NUUS Senwes Grainlink mik na hoër hoogtes in 2016 Silokonferensie, nuwe toep en totale fokus op die klant SENWES GRAINLINK HET OP 18 EN 19 FEBRUARIE HUL SILOBEDRYFSKONFE­ RENSIE BY SUNWA RIVER LODGE IN PARYS GEHOU. MET LEIERSKAP IN UITDAGENDE TYE AS TEMA IS DIE TONEEL GESKETS OOR WAT DIE BEDRYF MOET DOEN OM SUKSESVOL TE WEES. Besoek ons by Nampo Oesdag Fees, 2016, in die Santam Agri saal, en sien hoe maklik dit is om U boerdery met die regte tegnologie te laat uitstyg. www.roninpfs.com // +27 (0) 11 608 3666 K onferensiegangers het stof tot nakende gekry vanaf  ’n aantal Senwes sprekers soos Francois Strydom (Groep Hoof Uitvoerende Be­ ampte), Corné Kruger (Groep Hoof Finansiële Beampte), Martin van Zyl (Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings), Pieter Malan (Uitvoerende Bestuurder: Grainlink), Jenny Harmzen (Afdelingsbestuurder: Finan­ sies - Grainlink), Wimpie Bouwer (Bestuurder Marktoegang) en Graham Lottering (Bedryfs­ bestuurder) wat die kongresgangers toegespreek het. Groepbesprekings is daarna gehou. Francois het beklemtoon dat ’n leier geken word aan die aantal mense wat hulle dien en ’n mens jou werk op ’n nederige en kalm manier moet uitvoer. Eienaarskap lê binne ons en hoe ons dinge doen. Dit is ook belangrik om proak­ tief op te tree. Corné het weer op die kostestruk­ tuur van silo’s gefokus en daarop gewys dat ons die mededinger moet uitpresteer en dat “dit tyd is om ons loja­liteit te bewys”. Die gasspreker van die dag was produsent en kampioen lugballonentoesias, Danie Minnaar. Danie, ’n produsent van Bothaville, het mooi by die tema aangesluit. Hy het die gehoor aan sy voete gehad met sy vertelling oor lugballone, wat sy stokperdjie is, en ook hoe hy die sport van toepassing op sy lewe gemaak het. Hy is tans die SA kampioen in dié sport. Dit het almal met die oortuiging gelaat dat Senwes Grainlink met die nodige leierskap nog hoër hoogtes sal bereik, soos ’n lugballon. Danie Minnaar praat passievol oor lugballone. 14 Apr/Mei 2016 • SENWES Scenario