Senwes Scenario April / Mei 2016 | Page 13

WEN GROOT K O MPE T ISIE S ••• met Senwes Equipment en John Deere DIE SENWES GROEP LOODS MET TROTS DIE SENWES EQUIPMENT HANDELSMERK! TER VIE­ RING VAN DIE LOODSING VAN HIERDIE NUWE HAN­ DELSMERK HET HIERDIE AFDELING, VOORHEEN BEKEND AS SENWES ME­ GANISASIE, HANDE GEVAT MET JOHN DEERE OM ’N OPWINDENDE KOMPETISIE VIR NUWE EN BESTAANDE KLANTE TE LOODS MET ONGELOOFLIKE PRYSE. DIE KOMPETISIE SAL VIR DIE RES VAN DIE JAAR DUUR EN DIE HOOFPRYS SAL AAN DIE EINDE VAN 2016 TOEGEKEN WORD. S enwes Equipment is sinoniem met betroubare John Deere produkte en dienste, gekoppel met hoë-tegnologie oplossings vir die landboubedryf. Die tevredenheid van ons klante is wat ons aanspoor en motiveer om uitmuntende diens aan u, die klant, op alle vlakke te lewer. Ons is baie op­ gewonde om ’n reuse kompetisie aan te kondig in samewerking met John Deere. Hierdie massiewe inisiatief word geloods om Senwes Equipment klante te beloon vir hul lojaliteit en ondersteuning. Die kompetisie het drie opwinden­ de bene en sal ’n hoogtepunt bereik aan die einde van 2016, wanneer die gelukkige wenner gaan wegstap met ’n John Deere Gator 855D ter waarde van R230 000! Hierdie ruwe en betroubare werkesel het ’n bewese rekord as die ideale handlanger op die plaas wat sal omsien na vervoerbehoeftes en klein vragte op die plaas en in landelike ge­biede. Dit is ’n prettige en funk­sionele voertuig, ontwerp om enige plaas te komplimenteer met sy krag en sjarme. Die tweede been van die kom­ petisie sal jou uitdos in the nuutste John Deere klerereeks. ’n John Deere koopbewys ter waarde van R10 000 kan gewen word en die wenner sal geregtig wees om die koopbewys te gebruik vir die aan­ koop van enige items uit die John Deere klerereeks. In die derde been van die kom­ petisie sal een gelukkige wenner en sy/haar gade of metgesel ’n reis ter waarde van R110 000 na ’n John Deere aanleg wen. Meer besonder­ hede oor die prys sal binnekort op die Senwes aanlyn-platforms en in die Scenario Tydskrif verskyn. Die algemene kompetisiebe­ son