Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 72

Kom skud Jay se hand by Hinterlandstalletjie HY IS EEN VAN DIE LAND SE BEKENDSTE KUNSTENAARS WAT EWE TUIS AGTER DIE MIKROFOON AS MET ‘N GEWEER IS. J ay du Plessis is nie net ‘n suksesvolle rocksanger, pa en man vir sy vrou Mia nie. Hy is ook ‘n kranige skut en jagter. Hinterland Wapens is een van sy gunsteling plekke om te wees en koop hy graag sy jaggewere- en toerusting daar. Hy kuier op 12 en 13 Mei by die Graan SA NAMPO Oesdag by die Hinterland-stalletjie in die Hinterlandsaal (ou Senwessaal). Kom gesels, skud sy blad, deel jagstories en kry sommer die gewilde ster se handtekening. N AMPO ••• SENWES GRAINLINK KOMPETISIE Die Grainlink-stalletjie by die NAMPO Oesdag sal vanjaar weer, soos oudergewoonte, deur bekwame verkrygers en silo-personeel beman word. Relevante markinligting en internasionale data sal beskikbaar wees vir belangstellendes wat wil weet hoe huidige marktoestande en kommoditeitspryse markte beïnvloed. Silo- en bergingsinligiting kan by die stalletjie bekom word deur Oesdaggangers. Verskansing van graan kan vanaf die stalletjie geskied met verkrygers wat intydse markpryse tot hulle beskikking het. Die Skynverhandelingskompetisie sal weer vanjaar gehou word met intressante pryse op die spel. Die kompetisie was die vorige jaar ‘n reuse sukses en baie goed ondersteun deur produsente wat self aan die stuur van sake wou wees. Dit beloof om aandag te trek op die uitdagings van lewendige verhandeling in die allerdaagse besigheid. Kom leer en verhandel saam met Senwes Grainlink. Besoek hulle tydens die Oesdag in die Hinterlandsaal (ou Senwes-saal).