Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 69

PR O MO SIE Snoei en pluk MOOIE VRUGTE EN BLOMME • • • Onthou, nadat ‘n plant gesnoei is, om die plant met Efekto Steriseal te seël. Dit beskerm die snoeiplek teen siektes, swamme en stamboorders. Snoei roosbome met sowat ‘n derde terug in die middel van die winter. Verwyder enige dooie of siek takke.Maak van die geleentheid gebruik, nadat jy gesnoei het (wanneer die plante heeltemal blaarloos is) om die hele plant met Efekto Kalkswael of Efekto Kumulus WG te spuit. Dit sal die plant skoonmaak teen dopluies en swamsiektes. Meeste sagtevrugtebome word in die winter gesnoei. Die hoofdoel  om vrugtebome te snoei is om die plant oop te maak, • • sodat alle dele son kan kry en om oorwinteringsiektes te verwyder. Alle sagtevrugtebome sal voordeel trek uit ‘n behandeling van Efekto Kalkswael of Efekto Kumulus WG in hul rusperiode. Dit sal ook oorwinterende eiers van Bryobiamyt beheer. Dit sal ook help met die beheer van poeieragtige meeldou, bruinroes en skurfsiekte. Efekto Oleum is ook ‘n goeie produk wat na snoei, op  meeste sierplante en bladwisselende vrugtebome gebruik kan word. Dit sal die meeste sagtelyf-insekte en eiers wat dood op plante oorwinter verwyder - dit sluit in dopluis, plantluise, rooispinmyt, witluis en Australiese luis. • Die ander belangrike plantgroep wat gesnoei word in die winter is die somerblom variëteite soos hibiscus, fuchsias en Hydrangeas. In warmer gebiede snoei eers in die laatwinter en voed dadelik met Wonder Vita-Boost wat nuwe groei sal aanmoedig. • Onthou asseblief om alle kwaliteit Efekto snoeigereedskap skoon te maak met ‘n ontsmettingsmiddel na snoei. Webtuiste: www.efekto.co.za Facebook: www.facebook.com/mygardensa Twitter: twitter.com/EfektoCares Youtube: www.youtube.com/ channel/UCADWXNJb_ OBeVxdKUTAopIw •••