Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 57

D RUPPE L S O P D IE DA K te kan benut en dit binne die grondprofiel te stoor vir latere gebruik, waaroor die meeste gronde in die Ermelodistrik nie beskik nie. Die Ermelo se hoë gemiddelde reënval tel weer in sy guns. Wat mens moet by sê is dat indien ‘n grondprofiel in die Bultfontein-distrik nie oor die vermelde eienskappe beskik, sal dit nie ekonomies onder somergrane verbou kan word nie. ANDER INTERESSANTE FEITE: Die ou mense het altyd van die 1933 droogte gepraat en die 1944 vloede. Dit is interessant om te weet dat die 1932/33 reënvalseisoen die twee laagste reënval ervaar het die afgelope 98 jaar. Wat die effek van die 1932/34 seisoen vererger het, was die depressie met gepaargaande lae produkpryse, die feit dat boorgate nog nie so volop was nie en die vee baie swaar gekry weens ‘n gebrek aan drinkwater en sterk winde tot erge stofstorms gelei het. Verder het die vee- beweidingstelsels nog veel te wense gelaat wat die oppervlakte ontbloot het en dit het die stofstorms vererger. Die 1991/92 reënseisoen het die heel laagste reënval gerapporteer die afgelope 98 reënseisoene. Dit het ook die laagste mielieopbrengs die afgelope 50 jaar gerealiseer met 0.78 ton/hektaar vir Suid-Afrika as geheel en 0.52 ton per hektaar vir die tradisionele Senwes gebied. Die 1943/44 reënseisoen hou steeds die rekord van die hoogste seisoenale reënval vir die tien weerstasies. Die 1995/96 seisoen hou die rekord vir die hoogste reënval die afgelope 98 seisoene. Onthou net dat indiwiduele lokaliteite waarskynlik heelwat hoër reënval syfers kon aangeteken het. Die data wat hier verskaf word, is van amptelike Weerburo weerstasies. Die liniêre regressie ontleding dui aan dat die reënval oor die afgelope 98 seisoen nie verander het nie, dit is nieteenstaande gerugte en aansprake dat ons reënval oor tyd hoer of laer geword het. Die kumulatiewe reënval vir die 2014/15 seisoen staan tans ( dit is tot en met die 17de Maart 2015) op 422 mm en die langtermyn reënval vir dieselfde periode in 468 mm. Daar is dus nie so ‘n groot verskil nie maar uiters hoe temperature en die verspreiding •••