Senwes Scenario April / Mei 2015 - Page 56

••• D RUPP E LS OP DI E DA K HOE VERLOOP DIE SEISOEN SOVER THYS GROBBELAAR ‘N PERSPEKTIEF OP HISTORIESE REËNVALDATA IN DIE TRADISIONELE SENWES-GEBIED. Dit is partykeer baie interessant om ‘n bietjie in die verlede te krap om ‘n idee te kry watter klimatologiese uiterstes ons al beleef het. In die data wat nou bespreek gaan word, is die gemiddelde reënval per somer-produksieseisoen van tien weerstasies wat redelik verteenwoordigend van die Senwes-gebied is, gebruik. Die reënvaldata is beskikbaar vanaf die 1915/1916 seisoen tot tans. Die progressiewe reënval vir 2014/2015 wat in die grafiek aangedui word, strek vanaf die 1ste Julie 2014 tot die 16de Maart 2015. REËNVAL VARIASIE: Met die eerste oogopslag is dit duidelik dat daar uiters groot variasie is tussen seisoene wat totale seisoensreënval aanbetref. Die gemiddelde standaard afwyking vir die tien weerstasies is 119 mm met ‘n koëffisiënt van variasie van 20.7%. Dit is in algemene terme baie hoog. Wat interessant is, is dat hoe verder wes mens beweeg, hoe laer raak die reënval en hoe hoër word die koëffisiënt van variasie. Indien ons die Bultfontein weerstasie as voorbeeld neem, blyk die volgende. Die standaard afwyking van die seisoenale reënval is 149.7mm en die koëffisiënt van variasie is 32,5%. Indien ons na ‘n weerstasie wat heelwat meer oos geleë is soos Ermelo kyk, is die standaard afwyking van die seisoenale reënval 79 mm en die koëffisiënt van variasie 11.5%. Die Ermelo reënvalstasie het ook ‘n baie hoër gemiddelde seisoenale-reënval naamlik 688 mm teenoor Bultfontein se 460 mm. Mens sou die afleiding wou maak dat die Bultfontein-distrik amper ongeskik vir somergraanproduksie moet wees, maar tog is dit ‘n baie goeie somer graan-produserende distrik. Wat wel in die guns van die Bultfonteindistrik tel, is sy grond geaardheid, wat diepte en tekstuur aanbetref en topografie. Die gronde beskik oor die vermoë om selfs hoë intensiteit reënbuie