Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 52

••• RUBR I E K Die situasie het meegebring dat die mielieprys oor ‘n wye spektrum gedaal het. PLAASLIKE FUNDAMENTELE FAKTORE: Berekende oordragvoorraad: Die prys van SuidAfrikaanse grane en oliesade vorm gewoonlik tussen die berekende inen uitvoerpariteit van die betrokke graan, afhangend of ons die kommoditeit moet invoer of uitvoer. Die verskil tussen berekende in- of uitvoerpariteit is ongeveer R1700 per ton in die geval van witmielies. Die spekulasie of aanname dat ons sal moet in- of uitvoer het ‘n wesentlike effek op die prys, in hierdie geval die witmielie-prys. Suid-Afrika het hierdie seisoen deur ‘n ernstige droogte beweeg en veral die Westelike-gedeelte van die somer produserende gebied het deurgeloop. Die tergende vraag is, wat gaan die witmielie oesgrootte wees. Daar is stemme wat opgaan vir ‘n witmielie oes van 5,0 miljoen ton en daar is ook stemme wat opgaan dat die oes so laag as 4,2 miljoen ton kon wees. Die uiters variërende opbrengste wat kan realiseer dra verder by tot die uiteenlopende verwagte oeste. Die volgende