Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 45

N UUS ••• NICOLIZE VAN DER WALT BOER GERT glo aan baie G’s op sy plaas GERT COETZER BOER OP DIE PLASE GOEDGEVONDEN EN BONNE ESPERANCE IN DIE KLERKSDORP-OMGEWING. HIER KLIM HY GRAAG SELF OP DIE TREKKER EN DOEN DIE HARDE WERK WAT MET SAAIBOERDERY GEPAARD GAAN. S y eerste plaas het hy met behulp van sy motorverkoopsman-salaris in 1987 gekoop. Heelwat dinge het sedertdien in sy lewe verander en vandag is Gert ‘n suksevolle sakeman, asook die eienaar van nog ‘n spogplaas. Hy spog ook met Proteakleure in skiet. Sy lewe en boerdery word op verskeie woorde wat met die letter G begin, gebou: God, Geloof, Genade, Gebede, Geluk, Gesindheid, Gesondheid, Geleenthede en ‘n Gesin wat hom Geestelik ondersteun. Sy een seun is sowat vier jaar gelede oorlede en hy het saam met pa geboer. Vir Gert was dit ‘n groot slag en erken hy onomwonde hy sal sy “tjekboek leegmaak om sy seun weer terug te kry” Hy het egter nog twee seuns, een wat verskeie besighede help behartig en een op skool. Hy het ook ‘n kleinseun en drie kleindogters waarop hy baie trots is. “Mens moet ‘n gesonde gesinslewe hê – ‘n balans. Myne hang nog ongelukkig vreeslik swaar na: “In die sweet van jou aangesig, sal jy jou brood verdien”. “Ek ry baie self die trekker – nie net met lugreëlings nie, maar ook die met ‘n oop kajuit.” Dis dan wat hy self boer en so vuil is dat dit tot drie wasse vat om sy werksklere skoon te kry. Gert beskryf sy vrou as ‘n “baster-Griek” wat baie hard kan werk en hom nie net help om die pot aan die kook te hou nie, maar ook om die pot oor die jare effens voller te laat word. Presisie is belangrik, maar werk stelselmatig daarna. Hiermee bedoel hy dat jy met ou toerusting steeds kan boer en goeie opbrengste kan verwag. “Koop hom as jy reserwes het en weet jy kan jouself dra vir ten minste twee swaar jare.” Reeds baie jare doen hy sy meganisasie-onderhouden aankope deur Senwes Meganisasie en verseker sy mede-produsente jy hoef nie nuut te koop nie. “My planters se spasiëring is die jaar na kalibrasie beter of net so goed soos die beste presisie planter, nou te koop teen miljoene rande. My “ou – nuwe” planters, wat darem reeds lankal betaal is, spaar my miljoene en is daar geen rede om iets aan te skaf (op skuld) wat die hele pad vol loop as jy dit verskuif van een plaas na ‘n ander.” Oor elektronika en tegnologie sit hy op twee stoele... “As ek moet skuld maak om tegnologies en elektronies by te hou – nee wat, die konvensionele, maar tog moderne manier maak geld. Jy kan elektronies en tegnologies baie ver gevorderd wees, en nou gaan ek ‘n bom ontlont en volgens die boek boer en dit net steeds nie maak nie. “Hiermee sê ek nie raak agter nie, maar ek gaan ‘n baie jammerlike voorbeeld gebruik – ek was jare gelede op Die Boer van die Jaar bekendstelling. Dit was baie indrukwekkend – ek het gevoel ek moet ophou boer toe ek huis toe gaan. ‘n Jaar later het dieselfde boer ‘n gedwonge veiling gehou...” Hy het verskeie lesse geleer oor boerdery en raad gekry. “My pa het gesê: “Moenie oor die draad kyk wat jou buurman doen nie, sorg dat hy kyk wat jy doen”, En hierdie kan ander voornemende kopers en boere maar ter harte neem: Betaal eerder te veel vir ‘n goeie plaas as w ]