Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 42

••• AG RI - W E N K E JACQUES ODENDAAL, PETRUS VAN STADEN, GERRIT OOSTHUIZEN, JOHAN DU TOIT EN GEORGE LE ROUX MIDSOMERDROOGTE SAL ONTHOU WORD D ie afgelope midsomerdroogte het net weer beklemtoon dat ons in ‘n semi-woestyn gebied boer waar plant-beskikbarewater die grootste bepalende faktor is van sukses. In verskeie distrikte staan mielies met 1.5 m (5-voet) rye op oorlê-lande lowergroen, sonder stres, te midde van die hoë temperature. Wye rye in jaar-op-jaar stelsels het langer gevat om stremming te ondervind as smaller rye. Selfs op watertafel-gronde is gevalle waar mielies stremming ondervind het. Met die skrywe van die Agri-wenke (einde Februarie) het wydverspreide reën oor die suidelike dele van die Senwes-gebied groot verligting gebring vir sommige mielies. Hierdie reën is van besondere waarde op oorlê-lande en weiding. Veld se piek groeiseisoen vind gedurende Februarie en Maart plaas. Opvolgreën sal bepalend wees ten opsigte van die kwaliteit en kwantiteit weiding vir die winter. OORLÊ-LANDE Dit is ‘n goeie tyd vir grondontleding op oorlê-lande en lande wat vroeg gestroop is vir die regte bemestings- en JANUARIE EN FEBRUARIE 2015 BEHOORT VIR BAIE JARE ONTHOU TE WORD VIR DIE LANG MIDSOMERDROOGTE WAT VERERGER IS DEUR UITERS HOË TEMPERATURE. GEDURENDE JANUARIE HET, VERAL DIE WESTELIKE DEEL VAN DIE SENWES-AREA, SWAARGEKRY MET SLEGS 40 - 60% VAN DIE LTG (LANGTERMYN GEMIDDELDE) REËNVAL. DIE SITUASIE HET VERERGER SODAT DIE HELE SENWES-GEBIED GEDURENDE FEBRUARIE MINDER AS DIE HELFTE VAN DIE LTG REËNVAL ONTVANG HET. IN DIE GROOTSTE DEEL HET 0 – 30% VAN DIE LTG REËN GEVAL. kalkprogramme. Kontak Senwes Landboudienste om u behulpsaam te wees hiermee. Verseker effektiewe winter-onkruidbeheer ten einde vogverliese tot die minimum te beperk. BEKALKING Hou u kalkprogram in stand te midde van die huidige swak oesvooruitsigte. Plaas kalkbestellings vir aflewering op lande wat met mielies geplant is en wat kalk benodig. Tref ook reëlings met die kalkstrooikontrakteur, sodat die kalk direk ná stroop gestrooi kan word. STROOPTYD Sonneblom word gestroop en die mielie-oestyd is net om die draai en so ook die winter. Kry dus die strooptoerusting gereed of reël vroegtydig met kontrakteurs. Maak ook seker dat stroperdata akkuraat opgeneem en veilig gestoor word vir die opstel van stroperkaarte. Mielies wat die droogte oorleef het behoort nou fisiologies ryp te wees. ’n Meer akkurate oesskatting is moontlik en ’n handige hulpmiddel met ’n bemarkingstrategie. Wees realisties met verwagte graanopbrengs. KORING Die temperature begin daal asook die waarskynlikheid vir reën. Diegene wat oorlêlande vir koringproduksie geoormerk het, word sterk aangeraai om seker te maak van die hoeveelheid plantbeskikbare-water