Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 4

REDA K TE U R SBR I EF DIE VUUR IN DIE hoofredakteur Marlon Abrahams Tel: 018 464 7349 [email protected] politieke tong PRAATJIES OOR DIE WEERSOMSTANDIGHEDE SAL SEKER MAAR ALTYD MET BOERDERY GEPAARD GAAN. DIS TOG DIE HOOFBESTANDDEEL VAN PRODUSENTE SE VOORUITGANG EN SUKSES. T og voel dit deesdae al hoe meer asof politieke praatjies geneig is om meer algemeen as weerpraatjies te raak. As deeltydse dosent het ek studente anderdag geleer van die impak van globalisasie. Daar het hulle geleer die geluide wat ‘n regering maak rimpel tot in ander lande. Dit skaad beleggingsvertroue, het ‘n invloed op die Rand, skrik entrepreneurs af en skep ‘n klimaat van onsekerheid en onstabiliteit. Vreemd, maar die 21 jariges het die konsep van: Sit ‘n wag voor jou (politiese) mond, binne ‘n paar periodes gesnap. Hulle het die Bybelse waarheid weereens gesnap. Met jou tong kan jy ‘n bos aan die brand steek... Soms wonder mens waarom politici nie snap hoe gevaarlik hul woorde is nie. Ja, ja, redeneer ons graag – populistiese politiek vereis populistiese uitsprake. Maar aan die anderkant raak ons al so gewoond aan die politieke geblaf dat ons, as Suid-Afrikaners, soms doof raak daarvoor. Maar die buiteland bly ongelukkig aandagtig luister. Tydens Graan SA se kongres het mens weer boontoe gekom vir lug. Asemgeskep. Die minister het produsente verseker dat geen grondgryp sonder vergoeding sal plaasvind nie. Hy het hom gedistansieer van die EFF se uitsprake. Belowe om na die boere te luister. Sy geluide was positief. Wat so broodnodig was tydens die knellende droogte. Hy het ook belowe die regering kyk na wyses om produsente beter by te staan. Of dit lippetaal is, sal ons seker eers heelwat later weet. Lees meer hieroor op p4. Op ‘n ligter noot... Senwes Meganisasie spog met ‘n splinternuwe inbelsentrum wat produsente se lewe soveel makliker kan maak. Lees meer hieroor op p14. Sou jy kon doen met ‘n miljoen? Beslis. Maar sou jy kon doen met ‘n miljoen om die wildbedryf te betree? Lees hoe jy R1 miljoen wys kan gebruik op p16. Die lewe bestaan uit lesse. Dit wat nie doodmaak nie, maak groot... Dalk hoef produsente nie self skoolgeld in Afrika te gaan betaal nie. Lees op p20 hoe jy oop-oë die Moederkontinent moet benader... Ons vereer ons graan-uitblinkers, skryf meer oor wapens, die weer... Wen met een van ons kompetisies of geniet net die maand se twee-in-een-Nampo-uitgawe. Lekker lees. Tot ons weer gesels. Nicolize van der Walt REDAKTEUR redakteur Nicolize van der Walt Tel: 018 464 7449 [email protected] advertensies Mariette Hugo Tel: 018 464 7505 [email protected] ontwerp en uitleg Jakolien Strydom Tel: 018 464 7483 [email protected] medewerkers Thys Grobbelaar, Johan du Toit, Ramonde Odendaal, Willie Louw, Jenny Matthews, ds Willie Botha, Marlon Abrahams, Johan le Grange, Gerrit Oosthuizen, George le Roux, Petrus van Staden en Milanie Vosloo. subskripsie Marie Erasmus Tel: 018 464 7568 Faks: 018 464 7772 [email protected] eienaar Senwes, Posbus 31, Klerksdorp, 2570 Tel: 018 464 7800 drukwerk Colorpress Tel: 011 493 8622 • • Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg. Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlating ́