Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 39

R UB R IE K Hoe maak ek my JAGGEWEER MEER AKKURAAT ONS IS NOG BESIG OM TE KYK WAT KAN ONS DOEN OM ONS JAGGEWERE MEER VOORSPELBAAR, DUS MEER AKKURAAT, TE MAAK. JACO KRUGER O ns werk op die drie B-beginsels volgens die Engelsman: B staan vir : Barrels (geweerloop) Brass (patroondoppe) Bullets (patroonpunte) Ons het laas gepraat oor lope en wat ons daar kan doen om meer akkuraat te skiet. Ons gaan nou kyk na Brass (patroondoppe). Onthou alles waaroor ons praat se doel is om alles dieselfde te kry. Konstantheid en voorspelbaarheid verseker beter akkuraatheid. Baie belangrik - ons moet ook kyk wat jou doel is met die hele oefening. As ek nie herlaai nie is daar nie veel wat ek kan doen met my gekoopte pakkie PMP nie. Die beste raad vir die skut is om meer op die skietbaan uit te kom. Dit gaan baie help. Kom ons kyk na patroondoppe. Daar is ‘n magdom verskillende handelsname en jy mag wonder wat om te koop. Die meer bekende name is Lapua, Norma, Nosler, Sako, Remington, Winchester en ons eie PMP. Die voorbereiding op al die handelsname is ongeveer dieselfde – op sommige dalk net effe meer... Dis ‘n feit dat die duurder handelsname met meer presisie en kwaliteitsbeheer vervaardig word. Jy kry ook meer herlaai-lewe uit hulle uit. Nou het ek my pakkie doppe gekoop... Haal almal uit. Eerstens inspekteer elke dop vir enige defekte soos gekraakte nekke, duike in die doppe ens. Al die doppe moet nou verkieslik deur ‘n vollengte (matrys) gesit word en hier probeer ons weereens om almal dieselfde te kry. Daarna word die primer pocket (vlam gat) van elke dop dieselfde gesny. As jy klaar is kan ons met die klassifisering van die doppe begin. Hoekom moet ek die doppe weeg of klassifiseer? DEEL2 Hoe meer ons konstantheid en voorspelbaarheid inbring, hoe meer akkuraat word die geweer. Daar is twee maniere om doppe te klassifiseer: 1. 1. Die weeg van elke dop en om hulle te klas volgens gewig 2. 2. Om die volume van elke dop te bepaal deur dit vol water te maak en te meet en weeg. Is al hierdie nodig? Die duimreël by bankskiet is die volgende: Grein in dop gewig gee die selfde resultaat as 0.1grein kruit (in terme van volume nie gewig nie) Wat gaan gebeur as ek ‘n swaarder dop skiet teenoor ‘n ligter dop? Die antwoord is eenvoudig: “Die trefpunt of impakpunt gaan nie op dieselfde plek wees nie, dis al.” Al die bogenoemde kom i