Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 38

••• NUUS ‘n Soortgelyke afgeleide instrument wat onlangs baie aandag geniet – hoofsaaklik as gevolg van die dalende Brent Ru-olieprys – is die Quanto Brent Ru-olietermynkontrak. Die werking en spesifikasies van die Quanto Brent Ruolietermynkontrak en die Quanto Corn termynkontrak is homogeen. Meer spesifiek, die kontrak is ‘n Rand-gedenomineerde kontantbeslegtingskontrak waar die prys van die kontrak nie deur die Dollar/Rand wisselkoers beïnvloed word nie, maar slegs deur die Brent Ru-olieprys soos verhandel word op die New York Mercantile Exchange (NYMEX). DIESEL TERMYNKONTRAK ‘nGoedkoper plaasvervanger vir die Quanto Brent Ruolietermynkontrak, is die diesel-termynkontrak. 36 Weereens is die termynkontrak ‘n Rand-gedenomineerde kontantbeslegtingskontrak, waar die prys van die kontrak afgelei word deur ‘n Europese dieselolie gemiddelde termynkontrak, soos verhandel op NYMEX, gekwoteer in Rand per liter. Die diesel-termynkontrak is oop vir verhandeling in al twaalf maande. Let wel dat daar geen verhandeling plaasvind binne die laaste kalendermaand voor die kontrak se vervaldatum nie. ILLUSTRASIE Gegewe die inligting soos verskaf in Tabel 1 en die bostaande beskrywings, kan die werking van die kontrakte deur middel van’n voorbeeld geïllustreer word. Veronderstel Jan Alleman koop op 1 Januarie 2015 een Mei 2015 Quanto Corn termynkontrak deur Elanie (Senwes Graanmakelary) teen R3.9850 per kontrakeenheid (rand/skepel). Die aanvangsmarge wat Jan moet betaal is R1,620. Op 10 Januarie 2015 het die prys van die Julie CBOT Corn termynkontrak met $0.67 gestyg, met die gevolg dat die prys van die Quanto Corn termynkontrak met R0.67 gestyg het, besluit Jan om die kontrak weer te verkoop. Jan ontvang na die sluit van sy posisie die oorspronklike aanvangsmarge, asook die wins van R0.67 per eenheid – dus ‘n totale wins van R3,350* (R0.67 x 5,000 eenhede) – in sy Senwes Graanmakelry-rekening. Verder, op 1 Februarie 2015 besluit Jan om een Mei 2015 Quanto Brent Ru-olie termynkontrak te verkoop teen R59.14 per kontrak-eenheid (rand/vat). Jan betaal die April/Mei 2015 • SENWES Scenario aanvangsmarge van R7,220 in sy Senwes Graanmakelryrekening. Ongelukkig styg die prys van NYMEX Brent Ru-olie met $5.34 binne twee dae, met die gevolg dat die Quanto Brent Ru-olie prys met R5.34 gestyg het. Ten spyte van sy huidige verlies, is Jan steeds oortuig dat die prys van Brent Ru-olie termynkontrakte gaan val – wat dalk gevolglik die prys van diesel-termynkontrakte kan laat daal – en besluit om een April 2015 diesel termynkontrak te verkoop. Jan moet dus ‘n bykomende R2,700 vir aanvangsmarge betaal. Helaas, na een week het die pryse van beide Quanto Brent Ru-olie- en diesel termynkontrakte met R6.27 en R9.82, onderskeidelik, gestyg. Jan het ongelukkig nie genoeg fondse om die posisie verder te dra nie, en op 10 Februarie 2015 gee hy Elanie opdrag om beide termynkontrakte te sluit. Die aanvangsmarges van die Quanto Brent Ru-olie- en diesel-termynkontrakte word terug betaal in sy Senwes Graanmakelary-rekening, maar die verlies van R11.61 per eenheid op die Quanto Brent Ru-olietermynkontrak en die verlies van R9.82 per eenheid op die dieseltermynkontrak – dus ‘n totale verlies van R11,610* (R11.61 x 1,000eenhede) + R49 100* (9.82 x 5,000eenhede) = R60,710* – word verhaal van Jan se rekening. Kontak gerus die professionele, toegewyde span by Senwes Graanmakelary by 018 464 7722 *Neem in ag dat geen makelaarsfooie in berekening gebring is nie.