Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 34

••• NUUS FIGUUR 2: TOTALE JAARLIKSE VOLUMES VIR GEELMIELIES Bron: Saamgestel deur outeur word aan spesiale landbou gebeurtenisse. Februarie is bekend vir sy hoë volume verhandeling in beide wit- en geelmieliekontrakte sedert markdeelnemers meer sekerheid het oor die potensiële opbrengs wat die nuwe mielie-oes kan oplewer vir die bemakingsjaar; daarbenewens gee dit dus boere die geleentheid om hulself te verskans teen prysrisiko. Februarie se volumes het nuwe rekordhoogtes behaal waar daar soveel as 137 200 wit mielie kontrakte (wat 50 000 kontrakte meer is teenoor die 5 jaar gemiddeld en 75 000 kontrakte meer teenoor verlede jaar) en 67 500 geelmieliekontrakte (wat 34 500 kontrakte meer is teenoor die vyf 32 “ FEBRUARIE SE VOLUMES HET NUWE REKORDHOOGTES BEHAAL WAAR DAAR SOVEEL AS 137,200 WITMIELIEKONTRAKTE VERHANDEL WAS jaar gemiddeld en 31 500 kontrakte meer teenoor verlede jaar) afsonderlik verhandel was. Die rekordhoogtes word toegeskryf aan onder-gemiddelde langtermynreënval vir beide Januarie- en Februariemaand oor groot mielieproduserende areas van Suid-Afrika wat stremming op die mielie-oes plaas. Met skade wat reeds waargeneem kan word, sal weerstoestande steeds die hoof dryfveer wees agter die prysbeweging in die aanloop van Maartmaand.  April/Mei 2015 • SENWES Scenario ”