Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 28

••• P ROMOSI E TOPPRESTEERDERS IE R O G E T A K E K L E IN DIE SAADMAATSKAPPY PANNAR HET VANJAAR ’N EERSTE PLEK IN AL DIE GEWAS-KATEGORIEË VAN DIE LANDBOUNAVORSINGSRAAD SE NASIONALE KULTIVARPROEWE BEHAAL. NUWE WITMIELIEBASTERS PAN 4A-111, PAN 4R-511R en PAN 4B-311B is ’n vinnige pakket wat vir al die oostelike produksiegebiede, ook die Noordoos-Vrystaat, geskik is. PAN 4B-311B was die top witbaster in die LNR kultivarproewe vir die oostelike produksiestreek. Die basters word onder besproeiing vir al die produksiegebiede aanbeveel. PAN 6R-665R en PAN 6R-845CBGT is onderskeidelik ‘n glifosaattolerante en ‘n stapelgeen-baster soortgelyk aan PAN 6Q-445B, wat vir vyf jaar toppresteerder in die nasionale kultivar-proewe was. Hulle val in die mediumgroeiklas, en toon goeie stabiliteit en kompensasie-vermoë onder verskillende produksietoestande. NUWE GEELMIELIEBASTERS PAN 6R-680R is ’n mediumgroeiseisoenbaster met glifosaattoleransie, wat baie goeie, stabiele prestasie in al die droëlandproduksiestreke lewer. Dit was die top geelbaster in beide die LNR proewe vir die oostelike- en westelike produksiesteke. Dit vorm saam met PAN 6Q-408CB wat ook ‘ntstekende rekord van prestasie het ‘n gedugte pakket. PAN 6R-880CBGT is hul nuwe stapelgeen-baster in die medium groeiklas, met beide stronkboorderbeskerming en bestandheid teen glifosaat. Dit is soortgelyk aan PAN 6Q-408CB en PAN 6R-680R, en is vir al die produksiestreke aangepas. NUWE SONNEBLOMBASTERS Die nuwe konvensionele basters is PAN 7098 en PAN 7100, albei volseisoenbasters wat teen al die huidige bruinroes-rasse weerstand bied. Albei was in die LNR se jongste proewe onder die top vier presteerders. Die nuwe sonneblombasters PAN 7102CLP, PAN 7117CLP en PAN 7160CLP met die Clearfield® Plus geen bied selfs beter na-opkoms-beheer van ‘n breë spektrum grasen breëblaaronkruide.