Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 23

N UUS by geleentheid die mielieprys gebruik vir politieke gewin.” Nog ‘n punt is die beskikbaarheid van valuta wanneer jy jou winste wil repatrieer. Jy het Dollars of Rande nodig om die geld terug te bring na Suid-Afrika toe en dis nie altyd beskikbaar nie, want die lande voer meer in as uit. Weens die beperkte valutareserwes kan jy nie net jou geld uit die land uit bring nie en jou geld bly daar vir lang tye en bly vir lang tye blootgestel aan skommelinge. Hierdie realiteite skep op sy beurt geleenthede vir korrupsie wat die algehele situasie bemoeilik. “Plaaslike lenings in Afrikalande dra soms reuses rentekostes. Sou jy besluit om geld plaaslik te leen kan jy verwag om teen 30% + rentekoerse finansiering te kry. Kapitaal en rente moet later met winste wat in die Afrikalande gemaak is, terugbetaal word.    KRITIESE MASSAS Jy moet minimum standaarde vestig wanneer jy betrokke raak. Stelsels, mense, kantoorspasie, rekenaars, infrastruktuur, aanvaarbare huise en vervoer impliseer groot uitgawes en word ‘n groot deel van die maatskappy se inkomstes aangewend om die uitgawes te dek. Hierbenewens moet die maatskappy ‘n verdere kritiese massa in aktiwiteite bereik om ‘n redelike opbrens op die belegger se investering af te lewer.  Esterhuysen verduidelik dat ‘n minimum kritiese masssa van tonne dus noodsaaklik is om dit die moeite werd te maak vanuit ‘n besigheidsoogpunt. Dis uiters moeilik om dit te doen en sommige gevalle onmoontlik.”   Die uitdaging is daarin gesetel dat daar min goeie konsentrasie van produksie is. Groot afstande moet afgelê word om bv. slegs 2 000 ton mielies aan te koop. Die verspreiding van produksie is nie gekonsentreer  nie. Die afwesigheid van opbergingsfasiliteite, swak infrastruktuur en paaie maak dit moeilik om voorraad op te bou. “En omdat jy nie vooruit kontraktering kan doen nie – weens risiko van wanprestasie – koop jy mielies soos dit beskikbaar word. “Alles maak die behaling van die kritiese massa moeilik. Net om gelyk te breek is ‘n uitdaging. Die opbrengs per ha is 1.2- 2.2 ton per ha – hierdie is deel van die geografiese probleem. Graan word teen ‘n lae opbrengs per hektaar oor groot areas geplant en boonop word die meeste graan vir eie gebruik teruggehou. Min graan word dus kommersieël beskibaar gestel. Plase is nagenoeg  1h groot en lewer dus maar 40 tot 50 sakke mielies op. •••