Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 22

••• NUUS Dink voordat jy Afrika wil tem NICOLIZE VAN DER WALT PRODUSENTE WORD GEREELD VERTEL VAN DIE VRUGBARE GROND DIEPER IN AFRIKA, DIE GELEENTHEDE EN BESKIKBAARHEID VAN GROND. S enwes het egter die laaste drie jaar hul voetspoor in Afrika getrap en sommige dinge blyk tans nog makliker gesê as gedaan – veral vir groot maatskappye wat daar wil sake doen. Senwes Grainlink het markte ondersoek in ondermeer Malawi, Zambië en Mosambiek om graan te koop, te berg en te verkoop. In die tyd is verskeie kosbare lesse geleer wat die maatskappy graag met sy produsente deel ten einde hulle by te staan om ingeligte besluite te neem oor Afrika. Pieter Esterhuysen, (Hoofbestuurder: Grainlink, Senwes) het veral drie belangrike lesse wat in die tyd geleer is, uitgelig. OWERHEIDSINMENGING Die geneigdheid van sekere Afrika-regerings om in te meng, spesifiek in die voedselkommoditeitsmarkte, is ‘n groot kopseer. Daar is  gevalle waar politici inmeng deur die beheer van in- en uitvoere, asook deur verskillende vorme van minimum en maksimum prysvasstelling en ook betrokke aanbodstimulasie-programme. “Mens het begrip vir sekere faktore, maar dis nie bevorderlik vir die vestiging van markte nie. Groot en bewese rolspelers neem posisies (koop graan) in en vat die risiko. Die staatsinmenging  veroorsaak dat maatskappye geld verloor,’’ verduidelik Esterhuysen. Hy is voorts van mening dat owerheidsinmenging vraag en aanbod onsekerheid veroorsaak en dit skep ondermeer nienormale markonsekerhede. Dit sluit byvoorbeeld inmenginging sonder vooraf kennisgewing in. “Jy kan jou nie altyd rat vir die nuwe stel spelreëls nie. Sekere bedryfsrisiko’s soos die weer, is eie aan die bedryf en verstaan ons, maar die politieke-motief maak dit moeilik. Een implikasie was dat ons ‘n uitvoerkontrak nie kon eer nie – die permitte is op die nippertjie teruggetrek. Senwes is obsessief om kontrakte tot die letter te eer. Ons kon die een eenvoudig net nie eer nie. Owerheidsinmenging maak dit byna onmoontlik vir ‘n formele buitelandse maatksappy om voluit te gaan.” Korrupsie is soms ‘n verswarende element op baie vlakke en Senwes doen as goeie korporatiewe burger nie daardie soort besigheid nie. Volgens Esterhysen is Senwes se markdeelname op integriteit gebou. VALUTA VERWANTE BEPERKINGE Besigheid is ‘n uitdaging in Afrikalande waar jy nie jou valuta risiko kan verskans nie. Daar is nie soortgelyke finansiële instrumente soos in Suid-Afrika beskikbaar nie. Jy is dus blootgestel aan ‘n volledige wisselkoersrisiko aangesien hierdie risiko nie verskans kan word nie. Jy loop dus die gevaar om byvoorbeeld R10 miljoen in ‘n Afrikaland te investeer en a.g.v. depressiasie van die plaaslike geldeenheid kan jou belegging oor nag byvoorbeeld net R8 miljoen werd wees. “In minder ontwikkelde lande soos daardie is die likiditeit van transa