Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 19

N UUS moeilik met ‘n miljoen rand ‘n ekonomiese eenheid aangekoop kan word (Tabel 2). Die bedryf is kapitaalintensief en dit is daarom belangrik om deeglik navorsing te doen oor die verkoper en ook die diere wat aangekoop word. Maak seker jy koop kwaliteit. Tabel 3 is ‘n teoretiese berekening wat die winsgewendheid van wildboerdery per hektaar vergelyk met die tradisionele mielie- en beesvertakking. (Die gemiddelde jaarlikse veilingspryse van Vleissentraal is gebruik in die berekeninge. Inkomste sowel as uitgawes is jaarliks met inflasie aangepas). Dit is belangrik om te onthou, hoe kleiner die teelgroep is waarmee begin word, hoe langer gaan dit neem om die aanvangskapitaal in winste te omskep. Spesies met korter dragtigheidstydperke en hoër speen-persentasies sal ook vinniger winste genereer (Tabel 3). Hierdie spesies se winste kan dan aangewend word in die duurder spesies soos bv. Buffels en Sables te belê. Jou rand en sent moet baie goed omgedraai word en Odendaal beveel wildboere aan om berekeninge op realistiese waardes te skoei. Onthou: die mark beweeg deur ekonomiese siklusse en daar is risiko’s. ‘n Liefde vir die bedryf en spesies waarmee geboer gaan word, is die basis vir sukses. Vir enige ander navrae oor die wildbedryf bel Senwes Landboudienste.   •••