Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 18

••• NUUS Jy kan dalk afskop met ‘n miljoen in die wildbedryf AANGESIEN AL HOE MEER PRODUSENTE DIVERSIFISEER TEN EINDE NIE AL HUL RISIKO’S IN SLEGS EEN SFERE VAN BOERDERY TE PLAAS NIE, GROEI DIE BELANGSTELLING IN DIE WILDBEDRYF DAAGLIKS. V olgens Ramondé Odendaal, (Landboubestuurder: Noordstreek: Senwes Landboudienste) is wild ‘n goeie alternatiewe boerdery vertakking vir vertikale uitbreiding tot die bestaande landboubesigheid. Sy het tydens die Senwes Village, Ventersdorp se Wilddag gepoog om die vraag te beantwoord of ‘n persoon vandag met ‘n miljoen rand die eksotiese wildbedryf kan betree. Die aanvanklike kapitale uitleg om te kan begin boer met eksotiese wild is hoog. Nie net moet die onderskeie wildspesies aangekoop word nie, maar die bestaande plaas, indien dit nog nie gedoen is nie, moet omskep word na ‘n wildsplaas. Dit is belangrik om te bepaal met watter spesies geboer wil word en dat die minimum hektare benodig vir ‘n ekonomiese kudde grootte beskikbaar is. (Verwys na Tabel 1). Die kamp moet ook ingerig word vir die doelstelling van die vertakking (bv. teel, toerisme, jag ens.) en wetlike vereistes moet nagekom word. Die aankoop van wild is een van die groot uitgawes wat aangegaan word. Met vandag se wildspryse gaan daar