Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 17

N UUS “ JD LINK IS EEN VAN VELE ANDER PRODUKTE WAT DEEL VAN FARMSIGHT-REEKS SAL WEES EN IS DIÉ OPROEPSENTRUM ‘N WYSE OM VERDERE WAARDE TOE TE VOEG VIR KLANTE. ” In nog ‘n fase wat vir die toekoms beplan word, sal die elektronika en verbinding deur die modem tegnici in staat stel om, in sommige gevalle, aan die John Deere-produk te werk sonder om fisies na die produsent se plaas uit te ry. Die Senwes Meganisasie span het vergroot om te verseker klante kry meer hulp en bystand. “Daar sal altyd iemand van die span beskikbaar wees in die oproepsentrum en ‘n spesialis sal sorg dat u oproep/e-pos so vinnig moontlik na die regte persoon verwys word,’’ verseker Pieterse.   •••