Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 14

••• KO L LI G rekordbedrag vir ‘n dier betaal het op Piet du Toit se wildveiling vroeër vanjaar. Hulle het *R30 miljoen betaal vir ‘n lot wat bestaan het uit ‘n rooi gemsbokbul, vier dragtige rooi deelgeen-koeie en sestien dragtige koeie van ‘n rooi gemsbokbul. Hier voeg hulle by: “Ons is van nature konserwatiewe mense en om so ‘n bedrag te betaal vir ‘n lot wys ons ons vertroue in die rooigemsbok-spesie en die wildbedryf as sulks.” Een van hul vele ander spogdiere is Maximus, ‘n Buffel-bul uit die Madikwe bloedlyn met horings van 47” op vyf en ‘n halfjarige ouderdom. Ander diere sluit in goue wildebeeste, goue gemsbokke, Livingstone elande, swart rooibokke, saalrug rooibokke, njalas, koffie springbokke, rooi gemsbokke, swartwitpense, zambies, kruis en matetsi bloedlyn. Hulle sou graag renosters wou aanhou, maar die risiko’s daaraan verbonde maak hulle nog effens skepties. Hul een buurplaas het onlangs twee renosters op wreedaardige wyse verloor aan stropers se hande. Hulle voel wildtelers dra by tot die ophef van genetika en verbeter hulle spesies se algehele eienskappe. Hul diere kry water vanuit die vele boorgate op die plase, kry soggens in die winter 40% van hul kos en 60% in die aand. Sodat hulle hitte en energie opbou met die herkou deur die nag. Hulle moedig nuwe wildboere aan om te begin om diere aan te koop wat in die omgewing geaard is en dus die klimaat kan hanteer. Nog ander raad is die regte omheining vir jou wildskampe en beveel hulle aan dat kontrakteurs met ondervinding gebruik word vi r die oprigting van wildsheining en jakkalsdraad. Dit spaar tyd om mense te kry met ondervinding. Jakkalse en rooikatte is veral ‘n bedreiging vir die kleiner spesies. Hierdie passievolle boere is klante by die Senwes Village op Potchefstroom en jag self vir ontspanning ook. Beide is getroud – Werner met Debbie en hulle het ‘n seuntjie, Lambert (7 maande). Ro’an is getroud met Miquet en hul seuntjie, Roan is nege maande oud. Hulle is bewus van sogenaamde fly by nights in die wildbedryf, maar kansvatters word al hoe meer vasgevat. Die bedryf is nie so groot dat jy met skelmstreke sal wegkom nie. Hulle moedig wildsboere aan om altyd te sorg dat jou kontrakte in plek is, dat jy deur betroubare veiling-groepe of telers koop en dat versekering op jou diere van die belangrikste bestanddele vir jou boerdery is. “Die naam Soetvelde Farms is vir ons goud werd om altyd eerlik en met integriteit op te tree, soos my pa altyd sê, dit vat ‘n leeftyd om iemand se vertroue te wen en verloor jy dit weer in ‘n oogwink...” Beide broers se gunsteling diere is buffels en glo hulle met die regte genetika in jou kudde en effektiewe bestuur kan die wildbedryf volhoubaar voortgaan. “Ons glo die geheim gaan wees om groter, mooier en beter te teel. Om diere te teel wat mede-telers gaan soek en om top-genetika terug te teel wat deur jare uitgeskiet is deur jagters. Vir meer inligting kontak hulle by [email protected] of by [email protected]