Senwes Scenario April / Mei 2015 | Page 11

KO L L IG W ild en diamante het deesdae heelwat in gemeen. In beide speel kleur ‘n hoofrol in hul uniekheid en waarde. Vir hierdie twee manne is kleur en kwaliteit allés. Hoe meer eksoties die kleur, hoe blinker skitter hulle oë. Werner (30) en Ro’an (26) van Tonder van Soetvelde Farms het die liefde vir boerdery met hul moedersmelk ingekry. Hul pa Nico het jare lank in die Vaaldriehoek met mielies en beeste geboer. Maar nadat die twee broers, en oudste broer NF in 2009 die wildsbedryf betree het, boer hulle op die plase Rooipoort en Klipfontein. Klipfontein is ongeveer 15 km vanuit Potchefstroom, geleë op die soom van die Koepel. ••• Die plaas van ongeveer 2 000 ha vestig van die skaarste wildsoorte wat tans in die land te kry is. Rooipoort is weer aan die anderkant van Potchefstroom geleë onderweg na Ventersdorp. Rooipoort is huis vir die boerdery se buffels, maar dis ook hier waar hulle voer aanplant om te verseker hul wild kry die beste voeding SENWES Scenario • April/Mei 2015 9