Sandveld Country Quilt Grp - Newsletter Feb 2020 Nuusbrief Feb 2020 Whats App

Sandveld Country Quilt Group Nuusbrief - Februarie 2020 [email protected] :Epos Sandveldquilters :FB sandveldquilters.blogspot.com :Blog Missie: Om jongmense te leer kwilt en die gehalte van kwiltwerk Sandveldquilt :Instagram te bevorder. Ons wil met Gildes saamwerk en alle kwilters inspireer om saam te kwilt en om te groei as kwilters. Jaargang 2/Uitgawe 5 Baie geluk aan ons nuut verkose voorsitter - -Hannelie de Wet! Dankie aan Mari wat die Sandveldgroep die afgelope jaar met soveel inspirasie gelei het. Sy verskuif nou na die p0rtefeulje van sekretaresse, aangesien Elize Grobbelaar uit die portefeulje bedank het. Sanet Olivier is die nuut verkose onder – voorsitter. Namens die lede – baie dankie dat julle bereid is om die leiding te neem. (Red) Van die voorsitter… 2020!!! … begin van `n Nuwe Dekade! Waar ons aan die begin van ‘n nuwe jaar staan, wil ek graag elke kwilter ‘n wonderlike en geseënde 2020 toewens. Dit is met groot opgewondenheid dat ons uitsien na ‘n jaar vol uitdagings vir elke kwilter. In 2020 gaan ons streef om elke kwilter van afgetree tot jonk, af te stof met ‘n “Back to Basics” - jaar. Met elke stikdag gaan ons nuwe en ou tegnieke doen en leer. Ons gaan saamkuier, mekaar leer ken en omgee vir mekaar. “Soos tuine in die lente oopbloei kan vriendskappe ook blom, solank dit gekoester en vertroetel word. Soos die son die geur aanvul en die reën dit sag aanraak, sal vreugde en smart die vriendskapshart ook mooier maak.” (Helen Steiner Rice) Mag elkeen se kwilttuin bloei en vriendskappe mooier en ryker in die kwilttuin groei. Lekker kwilt Hannelie 083 305 6632 of [email protected]