Sandveld Country Quilt Group Nuusbrief November 2019 proeflees finaal

Sandveld Country Quilt Group Nuusbrief November 2019 [email protected] :Epos Sandveldquilters :FB sandveldquilters.blogspot.com :Blog Sandveldquilt :Instagram Missie: Om jongmense te leer kwilt en die gehalte van kwiltwerk te bevorder. Ons wil met Gildes saamwerk en alle kwilters inspireer om saam te kwilt en om te groei as kwilters. UIT DIE VOORSITTER SE PEN! En so breek my laaste kwartaal as voorsitter van hierdie kwiltgroep aan. Ek het ‘n ruskans nodig om alles te doen wat ek graag wil doen. Tyd om rustig aan my eie kwilte te werk, tyd vir my gesin en tyd om saam met my nuwe kleindogter te spandeer. Ek wil haar leer van mooigoed, naaldwerkgoed, lap en wol. Dit was vir my ‘n jaar van ongekende hoogtepunte. Van die idee om kwilters bymekaar te bring tot ‘n dinamiese kontreigroep wat op hul eie kan funksioneer. Hierdie kontreigroep is daar om te bly! En so word ‘n mens gevul met ‘n diepe dankbaarheid en die besef dat jy so geseënd is. Vul dit jou met ‘n nederigheid, want jy is nooit groter as die saak wat jy dien nie. En laat dit jou met ‘n tikkie nostalgie. Dit was ‘n ongelooflike ervaring, maar dit is tyd om iemand anders ‘n kans te gee om hierdie kwiltgroep tot groter hoogtes te vat. Sandveld Kontreigroep, dankie dat ek jul voorsitter kon wees. Wat ‘n voorreg was dit nie! Ek het so oneindig baie liefde van julle ontvang en so baie by julle geleer. Dit was vir my ‘n ongelooflike tydperk in my lewe! Stikdae 2020 6 Februarie Gebruiksartikel (Hoopstad) 7 Mei “Crazy Patch” (Bothaville/Welkom) 6 Augustus Keltiesewerk (Bloemfontein/Brandfort/Dealesville/Kimberley) 5 November Appliek (Bultfontein) Ek laat julle met die woorde van Wes Angelozzi: “Gaan en wees lief vir mense net soos hulle is. Hou dan dop hoe vinnig hulle verander in die beste, ware weergawe van wie hulle regtig is.” Mari 083 274 9161 [email protected] *Baie geluk met Anmari se geboorte 27 Oktober 2019. - Red. Stikdag 6 Februarie 2020 Naaldwerkmandjie http://unpetitboutdefil.maison.com Benodighede: “60 x 50 cm Cotton fabric- fabric 1 50 x 110 cm Cotton Fabric Printed Fabric 2 40 x 110 cm Cotton Fabric Printed Coordinate Fabric 3 60 x 90 cm fusible fleece 20 x 140 Plain Fabric (Pockets Lining) Fabric 4 4 x 35 cm (extra strong stabilizer for the handle) Elements of decoration according to your desires (buttons, stripes, ribbons, etc ...) 55 x 35 cm cardboard 3 mm thick” Mari Geseënde 083-2749161 Kersfees en `n Voorspoedige Nuwe Jaar! [email protected]