San Lameer Newsflash/Nuusflits Jan/Feb 2018 | Page 3

Chairman’s Overview 2017 / Voorsitter se Oorsig 2017 As a Board we are thankful to have a management team that executes our decisions with energy and enthusiasm. Their commitment and proactive approach to managing our affairs are very much appreciated and a key reason why we enjoy a high profile in the industry. I wish to conclude by thanking you all for always engaging with management and the Board. Constructive participation by our homeowners fuels a committed Board and management team. I look forward to a successful 2018 and beyond for San Lameer! Thank you. Geagte Huiseienaars, 2017 was 'n besige jaar vir San Lameer, en ek maak graag van hierdie geleentheid gebruik om u almal namens die Direksie vir u ondersteuning en positiewe bydraes te bedank. Hierdie is ook `n goeie tyd vir `n terugblik oor die afgelope jaar en vir `n kykie vorentoe na `n paar van die inisiatiewe wat vir die toekoms beplan word. AJV en inligtingsvergaderings Die Direksie kan slegs ons huiseienaars se belange verteenwoordig as die eienaars voortgaan om hul insette te lewer. Om hierdie rede is die algemene jaarvergadering weereens voorafgegaan deur die tradisionele inligtingsvergadering, waartydens huiseienaars die geleentheid kry om enige aangeleentheid te opper wat hulle meer breedvoerig wil bespreek. Ons hou algemene jaarvergaderings nie bloot omdat dit 'n wetlike vereiste is nie, maar ook om sleutelbesluite en sake van belang te deel en te kommunikeer. Rolle en verantwoordelikhede Direksie Die Direksie se rol word in die akte van oprigting omskryf, maar is oor die algemeen een van oorsig, korporatiewe bestuur en strategiebepaling. Om hierdie doelwitte doeltreffend te kan hanteer, funksioneer die Direksie deur middel van 'n struktuur van direksiekomitees, wat `n behoorlike fokus op ons besigheid se kernbedrywighede verseker. Besturende Direkteur Die verantwoordelikheid vir die daaglikse bestuur van die besigheid en die implementering van strategie- en ander direksiebesluite berus by ons Besturende Direkteur en sy span. Dit bied 'n verantwoordingsraamwerk waarteen hul prestasie gemeet en deur die Direksie geassesseer kan word. Oorkoepelende doelwitte Alle aksies en doelwitte word konsekwent aan die hand van die volgende visie gemeet: Ÿ As 'n Direksie wat deur bestuur ondersteun word, bly ons oorkoepelende doelwitte in die bestuur van ons landgoed die skepping van 'n uitnemende handelsmerk met fasiliteite en 'n kultuur wat van ons 'n belegging sowel as 'n vakansiebestemming van keuse maak. Ÿ Om bogenoemde te kan bereik, stel ons hoë verwagtinge aan bestuur om te verseker dat ons deurlopend ons primêre doelwit bereik, naamlik om 2 aan ons huiseienaars se verwagtinge te voldoen. Ons wil hê hierdie paradys moet 'n baie spesiale plek vir u en u gesin wees — 'n plek waar u rus kan kry vir u siel en goeie herinneringe kan opbou... Vernaamste fokusareas vir 2017 Met bogenoemde in gedagte het ons kernfokusareas gedurende 2017 spesifiek die volgende ingesluit: Die voortsetting van ons gevestigde en goedgekeurde instandhoudings- en opgraderingsprogram Alhoewel ons deeglik bewus is van die finansiële implikasies wat hierdie program vir huiseienaars inhou, het die oorweldigende positiewe terugvoer van beide huiseienaars en besoekers aan ons landgoed die voordele daarvan duidelik uitgelig, en ons bedank u vir u ondersteuning. Die Direksie en bestuur is daartoe verbind om hierdie uiters belangrike program te voltooi. Bestuur van watertoevoerkwessies In die lig van die gebrek aan `n stabiele en betroubare watertoevoer na ons landgoed (en die negatiewe impak daarvan op ons huiseienaars, ons besoekers en die San Lameer-handelsmerk in die mark) het die Direksie in November 'n spesiale taakgroep gestig om bestuur te help om 'n bystand- watertoevoerstrategie vir die landgoed te ontwikkel. Die bedoeling is dat ons landgoed gedurende watertoevoeronderbrekings oor spitstye vir twee tot drie dae lank selfonderhoudend moet kan wees. Opgraderings Huiseienaars sou opgemerk het dat daar deurlopend projekte uitgevoer word om die fasiliteite en estetika van ons landgoed te verbeter. Onlangs voltooide projekte sluit in dat sekere areas se plaveisel oorgedoen is, dat die swembadarea opgradeer is en dat 'n dam met 'n geplaveide uitkykdek vir natuur- en voëlliefhebbers gebou is. Hierdie projekte sal in 2018 voortgesit word, en ons beplan ook om die straatligte en padwysers te vernuwe ten einde die voorkoms van ons landgoed verder te verbeter. Al hierdie inisiatiewe is daarop gemik om te verseker dat ons landgoed tred hou met nuwe ontwikkelings en 'n voortdurend veranderende omgewing, omsien na huiseienaars se beleggings en 'n unieke en aangename kultuur op ons landgoed skep. As 'n Direksie is ons dankbaar dat ons 'n bestuurspan het wat ons besluite met energie en entoesiasme uitvoer. Hul toewyding en proaktiewe benadering tot die bestuur van ons sake word opreg waardeer en is 'n belangrike rede waarom ons landgoed 'n hoë profiel in die bedryf geniet. Ek wil graag afsluit deur u almal daarvoor te bedank dat u deurlopend met bestuur en die Direksie skakel. Konstruktiewe deelname deur ons huiseienaars verseker 'n toegewyde Direksie en bestuurspan. Ons sien uit na 'n suksesvolle 2018 – en die jare wat daarop volg – vir San Lameer! Dankie. Andries Brink Chairman / Voorsitter