San Lameer Newsflash/Nuusflits Aug / Sept 2017 | Page 9

CLUB NEWS CONTINUES / KLUBNUUS VERVOLG Geagte Huiseienaars, lede en gaste, Ons het die afgelope twee weke goeie reën gehad en is in 'n baie gelukkige posisie om teen die einde van die winter ons damme vol te hê. Na die reën sien ons uit na beter groei van ons baan se gras, maar ons moet ons oë op onkruid hou. Die groen is goed, maar ons het die afgelope paar weke 'n paar “Poa Annua”, ontkiem. Dit affekteer nie die rol van die bal nie. Die skoonveld en bome sal 'n kunsmis toediening ontvang. Die “Junior PGA Pro Am” en “Regional Fund Raising Pro Am” was weer 'n reuse sukses. Ons bedank ons borge, veral “Titleist”, die HEV en die “Mark McNulty Junior Foundation”. Sonder die borge sou die gebeurtenis nie moontlik kon wees nie. Ons wil graag die hoofborg van die “4x4 Men' Team Challenge”, “PWC”, bedank vir hul bydrae om hierdie geleentheid so suksesvol te maak, asook “Stellenbrau”, wat vir ons 'n eindelose voorraad bier vir ons Bierfees-tema geleentheid, gelewer het. Die weer was perfek en die baan was in 'n onberispelike toestand. Die gebeurtenis was ten volle deur al 128 spelers geniet. Dit was wonderlik om vanjaar 6 nuwe spanne te kon verwelkom, en van wat ek gehoor het, sal ons hulle volgende jaar weer hier sien. Neem asseblief kennis dat ons maandelikse braai in September van 27 September tot 20 September geskuif het weens die Australiese-groep wat teen ons lede speel. Reinard moet nog 'n span finaliseer en ons sal waardeer as jy jou naam kan neersit. Stuur 'n bevestiging aan [email protected] , as jy wil speel. Die baan sal vir die jaarlikse lente behandeling vanaf 9-11 Oktober 2017, gesluit wees. Van tyd tot tyd het ons lede / huiseienaars wat gedurende die paar dae per jaar wil speel wanneer ons groepe van 'n toernooi of gholfdag het, gekla wanneer ons hulle nie met 'n rondte gholf kan help nie. Ons wil graag die voordele van hierdie toernooie by ons klub verduidelik. Nie net hou dit jou inskrywingsgelde en klubheffings laag nie, maar dit bemark ook ons baan en landgoed aan die res van die wêreld. Daarom huur meer gholfspelers jou villa in die huurpoel, die verkoop van eiendom word bevorder en so word inkomste genereer wat die klub as 'n nie-winsgewende organisasie, volhoubaar en onafhanlik laat funksioneer. Dit is moeilik om 'n waarde te gee aan die bemarking wat ons uit hierdie geleenthede kry, maar dit dra beslis by om ons een van die mees gesogte landgoedere in Suid-Afrika te maak en dit verhoog die waarde van jou eiendom. Ons kan jou verseker dat ons altyd al ons lede en huiseienaars probeer akkommodeer wanneer ons die tipe toernooie hou. Daar is nooit 'n regte tyd nie, aangesien daar meer as 'n 1000 lede is wat die 600 plus-eiendomme deur die loop van die jaar besoek. Ons probeer hierdie gholfdae vroegtydig aan elke lid en huiseienaar kommunikeer en sal altyd vooraf reël vir 'n spesiale tarief met een van ons naburige bane. Merk asseblief hierdie datums op jou kalender: · 28 Augustus - 1 September 2017 – “SA Kids Junior Africa Challenge” · 9-11 Oktober 2017 – Baan se lentebehandeling · 19 Desember 2017 – Klub kampioenskappe (A, B & C-afdelings) · 21 Desember 2017 – Algemene Jaarvergadering: 15:00, Klub sitkamerarea · 22 Desember 2017 - Presidentsbeker · 23 Desember 2017 - San Lameer Ope (A, B & C Afdelings) · 1 Januarie 2017 – “Greenkeepers Revenge” Indien u enige aanbevelings of voorstelle het om die klub 'n aangename plek te maak, stuur asseblief vir my 'n pos na: [email protected]. Ons sien daarna uit om almal by die klub te verwelkom. Geniet die gholf, Meyer du Toit Golf Director / Gholf Direkteur