San Lameer Newsflash/Nuusflits April / May 2018 | Page 5

Ons het 'n nuwe been op roete 6 van ongeveer 'n ekstra 60 meter bygevoeg. Die groot uitbreiding en konstruksie het op roete 5 plaasgevind. Hier het ons 'n verlengde been onder by die sleepwapark geplaas, wat ook vloeiende water na die visdam insluit. Die been stel 'n paar ongelooflike nuwe brûe, staproetes en natuurskoon ten toon. Die bygevoegde afstand is nog nie vasgestel nie. Maak asseblief van hierdie wonderlike nuwe toevoegings gebruik en ry veilig. Na die konstruksie van die MTB-roete het dit duidelik geword dat San Lameer ook 'n nuwe gebied nodig het vir ontspanning en onder meer om na die voëls te kyk. Onder die leiding van ons Besturdende Direkteur, Mnr Pienaar, was die gebied wat gekies is, 'n dam op die Trafalgar-kant van die landgoed wat toegegroei was met riete en 'n natuurlike kuswoud. 'n Stukkie van die land wat reeds uitgesteek het in die water, het dit 'n ideale kandidaat gemaak aangesien dit sou toelaat vir groter toegang en meer blootstelling tot die oop water. Die klein kol van moeras hibiskus en kus-silwerblaarbos is met groot omsigtigheid verwyder om twee pragtige beskermde rooi melkhoutbome en 'n koraalboom bloot te stel wat betyds skaduwee sal bied. Daar was 'n bietjie grondwerke nodig om die gebied plat te maak, 'n voorlaaier was gebruik om die gebied glad te maak, gereed vir plaveisel. Terwyl bogenoemde plaasgevind het, is die riete gesnoei, me die hand uitgetrek en verbrand om hulle te verwyder sodat ons die oop water kan ontbloot. Dit was 'n lang en breedvoerige oefening, maar het uiteindelik 'n wonderlike produk opgelewer. In 'n poging om die water wat van die omliggende heuwels van Trafalgar-dorpie af is, te behou, is daar 'n keerwal met 'n oorloop wat onder die brug na die dam lei, gebou. Dit verseker dat die dam vol bly, maar ook oorloop in ons strandmeerstelsel wanneer die watervlakke aansienlik styg. Die eiland wat in die water uitsteek, is toe geplavei, gelandskapeer met ekstra bome en struike. Sitbankies is bygevoeg vir ontspanning en om na die voëls te kyk . Die dam banke is met 'n wilde gras saad mengsel besaai om hulle te beskerm en saadetende voëls na die gebied te lok. 'n Voëlvoerder is ook in die gebied geplaas om die voëls te lok. Tot dusvêr is die dam 'n groot sukses as jy daarna kyk vanuit 'n omgewings oogpunt. Die dam het talle voëlspesies, reuse en bont Visvangers, geelbek en witgesig eende, vleihenne, komorante en ons geliefde hadidas, gelok. Tot dusvêr is barbels- en tilapia-visspesies gesien in die dam. Hulle word gedurig gejag deur twee waterskilpaaie. Die mis en spoor van die kaapse otter is ook geïdentifiseer. Geen visvang word egter toegelaat nie. Gaan maak gerus 'n draai by die pragtige ruimte wat ons geskep het. Jy sal dit baie geniet. Sonsondergang met 'n bottel wyn sal my keuse en tyd van die dag wees. Ben Roberts Leitch Landscapes Manager / Bestuurder CLICK HERE FOR MORE PHOTOS OF THE MTB TRAIL EXTENSIONS & DAM AREA / KLIEK HIER VIR MEER FOTO’S VAN BERGFIETSROETE EN DAM AREA