San Lameer Newsflash/Nuusflits Oct/Nov 2017 | Page 8

CLUB NEWS CONTINUES / KLUBNUUS VERVOLG Ons het in Oktober ons jaarlikse lentebehandeling op die setperke gedoen, met klein 12mm “tines”. Die setperke het baie goed herstel en sal 'n goeie grasbedekking tot gevolg hê. Ons is besig met 'n paar klein projekte soos die herbou van dammure, vergroting en gelykmaking van die bowwe en herstel van die gholfkarretjie paaie. Dit sal alles teen einde November voltooi wees, gereed vir die besige seisoen. Lidmaatafslag As 'n teken van waardering vir jou ondersteuning aan die klubhuis en kroeg, is ons bly om te bevestig dat 'n lojaliteitsprogram nou alleenlik is vir ons huiseienaars beskikbaar is. Ons het die stelsel vanaf 1 Oktober 2017 verander. Jy ontvang nou 'n onmiddellike afslag van 7,5% op alle kos & drank wat in die kroeg of halfweghuis gekoop word, wanneer jy jou kaart gebruik. Vir meer inligting, kliek asb op die onderste skakel. Merk asseblief hierdie datums op jou kalender: Ÿ 19 Desember 2017 – Klubkampioenskappe (A, B & C- Ÿ Ÿ Ÿ Ÿ Ÿ afdelings) 20 Desember 2017 - Informele inligtingsvergadering by die klub se sitkamerarea. 21 Desember 2017 – Algemene Jaarvergadering om 15:00 by die klub se sitkamerarea (let asseblief daarop dat dit van voorheen by die Landgoedkantoor se kelder was) 22 Desember 2017 - Presidentsbeker 23 Desember 2017 - San Lameer Ope (A, B & C-afdelings) 1 Januarie 2018 – “Greenkeepers Revenge” Bespreek asseblief jou afslaantye so gou moontlik vir seisoen om teleurstelling te vermy. Onthou, gholfkarretjies kan NIE vooraf bespreek word nie, hulle is op 'n streng "first come, first served" basis. Afslaantye is van 6:00 – 8:00 vanaf albei bowwe en 11:00 – 1:00 in die namiddag. Sien jou binnekort. Groete in gholf, Meyer du Toit Golf Director / Gholf Direkteur