San Lameer Newsflash/Nuusflits Oct/Nov 2017 | Page 5

News from Leitch / Nuus vanaf Leitch From 1-7 September 2017, Arbor week came and went in South Africa without too much fanfare. However, for us greenies, it is a very important week in which we try to educate people about the importance of planting indigenous trees, how to care for them, getting to know the uses of indigenous trees and to highlight the important role they play in our lives. Leitch Landscapes donated 2 Ziziphus mucronata (buffalo thorn, blinkblaar –wag –'n -bietjie), the 2017 tree of the year to San Lameer. They were planted in the already forested area of the dune trail walk as the thorns are an ever present danger and can hurt you. The tree itself is a small to medium sized tree (3 to 10m). It is widespread throughout Kwazulu Natal and the Transkei. The main features are the thorns which grow in pairs, one is straight and the other curved, hence the very descriptive Afrikaans name. It is an attractive tree with a nice shape and would do well in coastal gardens if you did not mind thorns. The flowers are small and yellowish green in cluster in the leaf axils and fairly inconspicuous. The fruit is reddish brown, roundish berry which is smooth, shiny and leathery. It appears in February to June and can be eaten by humans, mammals, birds and game. Bees do enjoy the flowers too, as well as a host of other insects. All in all, as with most other indigenous trees, a very nice tree to plant in out of the way areas. Van 1-7 September 2017 het Boomplantweek in Suid-Afrika gekom en gegaan sonder te veel bohaai wat daaroor gemaak is. Vir ons “greenies” is dit egter 'n baie belangrike week waarin ons mense probeer inlig oor hoe belangrik dit is om inheemse bome te plant, hoe om te sorg vir hulle, om die gebruike van inheemse bome te leer ken en oor die belangrike rol wat hulle in ons lewens speel. Leitch het aan San Lameer twee “Ziziphus mucronata” (buffeldoring, blinkblaar-wag -'n-bietjie), die 2017-boom van die jaar, geskenk. Hulle is geplant in die beboste gebied van die duinspoorwandeling, aangesien die dorings 'n algehele gevaar is en jou kan seermaak. Die boom self is 'n klein tot mediumgrootte boom (3m tot 10m). Dit is wydverspreid dwarsdeur Kwazulu-Natal en die Transkei. Die hoofkenmerke is die dorings wat in pare groei, een is reguit en die ander gebuig, vandaar die baie beskrywende Afrikaanse naam. Dit is 'n aantreklike boom met 'n mooi vorm en sal goed doen in ons kusgebied as jy nie omgee vir die dorings nie. Die blomme is klein en geelgroen in 'n klos in die blaaroksels en redelik onopsigtelik. Die vrugte is rooibruin, 'n ronde bessie wat glad, blink en leeragtig is. Die blomme verskyn in Februarie tot Junie en kan deur mense, soogdiere, voëls en wild geëet word. Bye geniet ook die blomme, sowel as baie ander insekte. Alles in ag geneem, soos by die meeste ander inheemse bome, is dit 'n baie mooi boom om in die veld te plant. Ben Roberts Manager / Bestuurder