San Lameer Newsflash/Nuusflits March/April 2017 | Page 7

Villa Rentals News continues / Nuus vervolg

akkommodasie en ontspanningoord is , maak voorsiening vir ons kliënte asook huiseienaars se behoeftes en verseker uitstekende en gerieflike diens .
Hieronder is die belangrikste van ons dienste wat ons aanbied wanneer jy jou villa by Villa Rentals lys :
As jou villa by Villa Rentals gelys is , inspekteer ons die villa voor aankoms om seker te maak alles is skoon en in werkende toestand . Ons inspekteer villas na gaste vertrek om seker te maak daar is geen skade of items wat gebreek het nie . Ons neem ' n deposito van die gaste om seker te maak dat jou villa gedek is in die geval van breekskade .
Met aankoms word gaste by die landgoed se ontvangs verwelkom . Elke gas se sleutel word in ' n koevert geplaas met die gas se besonderhede , villa nommer , noodnommers , vertrektye en enige besonderhede wat hul mag benodig - die sleutelhouers is duidelik gemerk met Villa Rentals se handelsmerk . Ook ingesluit in die koevert is ' n kaart van San Lameer wat vir die gaste aandui waar hul eenheid geleë is en sleutels met ' n geaktiveerde toegangskyfie , asook enige spesiale aanbiedinge wat ons op daardie spesifieke tydperk aanbied . Eerste indrukke tel .
Ons het ' n nutsman en besprekingskonsultant op bystand 24 / 7 . Ons het bystand villas beskikbaar . Hierdie villas roteer sodat ons onmiddelik ' n " inloop " kliënt wat by San Lameer Villa Rentals wil bespreek , kan help . Betaling deur die kliënt moet ten volle ontvang word voor ons die sleutels oorhandig . Ons inspekteer een maal per maand al die villas om seker te maak dat die villas nie enige skade het nie . Ons het ' n kwaliteitsbeheerspan wat die villas inspekteer om seker te maak dat dit onderhou word en op standaard is .
Sommige huiseienaars maak selde privaat van hul villas gebruik , so die inspeksies verseker dat jy gereeld terugvoering op die toestand van jou villa ontvang . Ons gebruik net geregistreerde kontrakteurs van die landgoed wat betroubaar en gekwalifiseerd is . Ons vra kwotasies namens jou aan , ons reël vir die aflewering van meubels na jou villa , maak seker goedere word betyds afgelewer en volg op met herstelwerk wat gedoen is . So verseker Villa Rentals dat jou villa op standaard is . Hierdie kontrakteurs is 24 / 7 op bystand vir ons om te verseker dat enige probleme so gou as moontlik uitgesorteer word .
Ons het ' n uitstekende bespreking sagteware program wat ' n skakel vorm tussen Villa Rentals , die landgoedontvangs en ook Lamain skoonmaakdienste . Sodoende het alle afdelings ten alle tye die nodige inligting met betrekking tot die villas tot hul beskikking .
Alle Villa Rentals besprekings word deur Fidelity Sekuriteit en Lamain skoonmaakdienste , wat elke dag ' n daaglikse skoonmaakdiens doen , gemonitor . Hulle rapporteer villas wat oorvol is en help ons om die villas te monitor sodat ons volle beheer met betrekking tot die kwaliteit van die villa het . Ons is baie streng met ' n vertrektyd van 10vm en maak seker dat al die sleutels aan die landgoedontvangs terug geteken word . Villa Rentals se kantoor is 7 dae per week oop .
Ons begroting vir bemarking is baie ruim en ons adverteer op alle mediums - TV , radio , verspreiding van brosjures by tolpaaie , gedrukte media , sosiale media , ons San Lameer aansoek , e-pos nuusbrief - databasis van 7500 , google aanlyn AdWords baniere , word aanlyn gelys , gholf groep webwerwe , uitstallings , prys geskenkbewyse en reis vennootskap agentskappe .
Ons bespreking stelsel is gekoppel aan ons webwerf wat dit moontlik maak vir aanlynbesprekings . Ons is regdeur die jaar pro-aktief . Wanneer ons sien dat die besprekings ' n hupstoot nodig het , kommunikeer ons met die huiseienaars en vra vir ' n spesiale tarief oor ' n spesifieke tydperk . Huiseienaars het die keuse of hulle van hierdie inisiatiewe wil deel wees of nie .
Koste Uiteensetting
Ÿ 15 % kommissie op die daaglikse tarief - sien asseblief die tariefkaart op ons webwerf - http :// www . sanlameer . co . za / self-catering-villas
Ÿ Lamain skoonmaakdienste bied ' n Aankoms / Vertrek skoonmaakdiens met ' n verwelkomingspakket ( koffie , tee , suiker , koekies , toiletrolle by aankoms )
Ÿ Lamain skoonmaakdienste voorsien ook ' n daaglikse skoonmaakdiens
Ÿ Inventaris kontrole fooi
Ÿ Fooi vir die gebruik van geriewe - R30 per dag per villa
En dit is nie al nie . Indien jy van alle voordele in kennis gestel wil word , moet asseblief nie huiwer om my te kontak nie .
Ons pragtige landgoed het alles te bied vir ' n ontspannende , boeiende , waarde vir geld en avontuurlustige wegbreek .
Ek sien daarna uit om van jou te hoor .

Marieta Badenhorst Villa Rentals Manager / Bestuurder