San Lameer Newsflash/Nuusflits Aug / Sept 2017 | Page 4
News from Management / Nuus vanaf Bestuur
Weereens is baie positiewe kommentaar van huiseienaars en gaste
ontvang.
NUWE DAM BY TRAFALGAR LANGS DIE STRANDMEER
'n Skanskorf-mandjie is aan die westekant van die gholfbaan geïnstalleer
wat tot by die Trafalgar hekparkering op die Landgoed langs Lot 16 lei. Die
hoogte van die mandjie is verhoog deur sandsakke gevul met 'n mengsel
van sand en sement en word dan met 'n betonplooi toegemaak. Twee
houtpale vir voëls is ook opgerig.
Hierdie struktuur dien as 'n keerwal sodat die water aan die westekant
van die gholfpad dieper sal word om 'n dam te vorm waar voëls en ander
wildlewe kan swerf. Daar word ook beoog om 'n groot houtdek met
sitplekke en braaigeriewe in 2018 in hierdie area te bou (hopelik vroeër).
LANDGOED WATERBERGING FASILITEIT
Die bestuur is tans besig om 'n voorstel saam te stel om watertenks te
installeer wat die landgoed sal voorsien met 'n ekstra dag se water
wanneer die landgoed vol mense is, indien daar 'n watertoevoerprobleem
sal wees. Hopelik teen die tyd dat die tenks leeg is, sal die probleem
opgelos word en die water herstel wees. Bogenoemde is nog in die
beplanningsfase.
LOT 22, 23, 24 & LA MER UPGRADE PROJECT
'n Onafhanklike Bourekenaar is deur die Huiseienaarsvereniging aangestel
om sy hoeveelheid en kosteberekening vir die opgradering van Lot 22, 23,
24 en La Mer, wat in 2018 sal plaasvind, as 'n beheermaatreël, in te dien.
Drie kontrakteurs is genooi om te tender vir die opgradering, waarna een
onttrek het, en die tenders van die ander twee kontrakteurs na die
bourekenaar gestuur is. Die bourekenaar het bevestig dat CHA
Konstruksie die laagste tender ingedien het, met die hoeveelheid en koste
wat in lyn was met sy beraming, en daarom het hy hul aanstelling
aanbeveel. Ons sal die omvang van die werk en koste aan elke huiseienaar
in die geaffekteerde lot'e teen die einde van die jaar stuur.
BUITEKANT VAN DIE VILLAS
Dit het onder ons aandag gekom dat huiseienaars nogsteeds veranderinge
aan die buitekant van hul villas maak sonder om die korrekte prosedure te
volg. Dit sluit in, byvoorbeeld, die verandering van die villa nommers aan
die buitekant van die villa, installering van luifels of rolblindings, die
verandering van ligtoebehore en meer. Neem asseblief dringend kennis
van die volgende:
Behoudens die bepalings van die Dorpsbeplanningskema mag geen lid –
Ÿ Die kleur van die buitemure van die Eenheid, of die kleur van die
buitekant van die deure en vensterrame, of enige toebehore
(byvoorbeeld villa nommers), met uitsondering van die deur- en
vensterhandvatsels, slotte en kloppers verander nie;
Ÿ enige oorhange, blindings, luike, luifels of ornamente op die buitemure
of oppervlaktes van die betrokke gebou vervang, behalwe om sodanige
items van dieselfde aard en soortgelyke voorkoms te vernuwe;
Ÿ enige byvoegings of uitbreidings aan die Eenheid maak of enige
verdere geboue of strukture (insluitende luifels) of heinings of van 'n
3
tydelike of permanente aard oprig nie;
Ÿ enige toebehore, deure, vensters of enige gedeelte van die buitekant
van enige Eenheid verwyder sonder die aanbeveling van die
Dorpsbeplanningskomitee en die goedkeuring van die Direksie;
Ÿ enige plant-, landskap- of tuinbouaktiwiteite in enige Lot onderneem,
of enige veranderinge aanbring in enige landskap of plantegroei wat
bestaan wanneer hy sy Eenheid aankoop nie, egter met dien verstande
dat die Raad van Direkteure tot ooreenkomste met Lede kan kom om
sodanige Lede toe te laat om tuinmaakaktiwiteite in enige gebied van
enige Lot te laat geskied.
OPSOMMING VAN DIE PROSEDURE WAT GEVOLG MOET WORD VIR
WYSIGINGS, BYVOEGINGS EN ONDERHOUD AAN BESTAANDE VILLAS
DEUR DIE EIENAARS
Ÿ Alle huiseienaars moet 'n wysigingsversoek saam met die voorgestelde
plan by die Dorpsbeplanningskomitee van die San Lameer Hoof
Huiseienaarsvereniging (HEV) indien vir oorweging, ongeag die omvang
van die werk daarvan.
Ÿ Die Dorpsbeplanningskomitee vergaderings vind elke kwartaal plaas (4
keer per jaar);
Ÿ In sommige gevalle soos swembaddens, uitbreiding van patio's,
skermmure en soortgelyke strukture, moet die toestemming van die
geaffekteerde bure eers verkry word;
Ÿ 'n Wysigingsfooi van R1000 is betaalbaar;
Ÿ Nadat goedkeuring skriftelik van die HEV verkry is, moet die planne
soos goedgekeur, by die Dorpsbeplanningsafdeling van die Ray
Nkonyeni Munisipaliteit ingedien word, tesame met alle tersaaklike
planfooie vir goedkeuring;
Ÿ Eers nadat hierdie 2 vlakke van goedkeurings deur die Huiseienaar
ontvang is, kan enige veranderinge, toevoegings of onderhoud aan die
villa begin;
Ÿ Die toesighouer en kontrakteur moet voldoen aan al die HEV vereistes
tydens konstruksie, maar alle verantwoordelikheid vir die veranderinge
/ toevoegings is steeds by die huiseienaar en lid van die
Huiseienaarsvereniging;
Ÿ In geval van binne-veranderings moet die HEV oor die omvang van die
werk, die duur en die besonderhede van die kontrakteur ingelig word.
Let asseblief daarop dat bogenoemde prosedure nie verwys na formele
opgraderings- / instandhoudingsprojekte wat deur die
Huiseienaarsvereniging bepaal en bestuur word nie.
KRAGPUNTE BY ALGEMENE EIENDOMME – GHOLFKARRETJIES
Dit is onder ons aandag gebring dat gemeenskaplike eiendomskragpunte in
sekere Lot'e gebruik word om gholfkarretjies mee te laai. Let asseblief
daarop dat bogenoemde nie toegelaat word nie. Ons versoek vriendelik dat
die huiseienaars nie van die gemeenskaplike eiendomskragpunte vir die
spesifieke doel gebruik maak nie.
Pine Pienaar
Managing Director / Besturende Direkteur