San Lameer Newsflash/Nuusflits Aug / Sept 2017 | Page 11

Villa Rentals News continues / Nuus vervolg Die weer verander beslis en word al beter soos ons Augustus binnegaan en die lente is op die horison. Hoeveel nie te beter om dan voor te berei vir die komende maande se vreugde en sonskyn as om te lees oor die positiewe en nuutste nywerheidsneigings en ekonomiese faktore nie. Die gasvryheidsbedryf van vandag is baie mededingend, almal is voortdurend op soek na 'n nuwe hoë-tegnologie-benadering en aanlyn- besprekingstelsels. Dienslewering het en sal voortgaan om te ontwikkel, hoofsaaklik as gevolg van nuwe tegnologie sowel as sosiale en digitale media, aangesien digitale infrastruktuur toenemend sentraal staan in ons tipe besigheid. Inderdaad, daar is 4, 9 miljard unieke selfoon verbruikers wêreldwyd en 'n geskatte 2, 7 miljard mense op sosiale media. Ons is voortdurend op soek na nuwe tendense om op bedryf van sake te bly. Wat ons bo ons mededingers laat uitstyg is ons persoonlike benadering. Ons wil ons verbruikers spesiaal en tot San Lameer verbind laat voel. 60% van ons kliënte het ons al voorheen besoek en is kliënte wat bly terugkeer. Dit is moeiliker en duurder om nuwe lojale kliënte te kry in vergelyking met die behoud van ons bestaande kliënte. Ons het 'n paar inisiatiewe in plek gestel om vir ons gaste 'n meer onvergeetlike ervaring te lewer. Faktore, gekombineer met die groei van besteebare inkomste, die opkoms van die middelklas in baie ontluikende markte en veranderende houdings van mense wat reis, laat die bedryf floreer. Terwyl dit nog nie toeganklik is vir almal om te reis nie, reis meer mense vandag as ooit tevore - met 1, 24 miljard internasionale aankomste in 2016, in vergelyking met 25 miljoen in die 1950's. Ons kan hiervan getuig, want ons groeikoers het die afgelope paar jaar toegeneem. Daar word in 'n paar artikels gespekuleer dat daar voorspel word dat die besettingsvlakke in alle gasvryheidsektore in die volgende paar jaar sal styg. Afrika is voortdurend besig om in een van die wêreld se populêre reisbestemmings te ontwikkel. Met sy uitsonderlike samesmelting van asemrowende, geïnspireerde aanbiedinge - geskiedenis en erfenis, kultuur en tradisie, natuurlewe, natuurskoon, en die belangrikste, die aangebore gees van die vasteland se mense - Afrika versuim nooit om 'n afdruk in die gedagtes en harte van reisigers regoor die wêreld te laat nie. As jy al hierdie feite in ag neem, sal San Lameer in die toekoms die bestemming wees om na toe te gaan. Ons moet net tyd, inisiatief en visie in ons pogings belê en ons potensiaal benut. My gunsteling woorde is moontlikhede, geleenthede en nuuskierigheid. Ek dink as jy nuuskierig is, skep jy geleenthede, en as jy die deure oopmaak, skep jy moontlikhede. Marieta Badenhorst Manager / Bestuurder