RoodeLife Issue 001 | Page 28

▶︎ School News L/s Kameelfontein sê geluk aan Roodelife vir 'n pragtige tydskrif Ons is regtig trots om 'n deel te wees van 'n baie goeie inisiatief. Ons kan hierdie bladsy gebruik om al ons prestasies deur te gee, maar ons wil graag ons stories met u deel. Ghandi het gesê: “Be the change you want to see in the world.” By Kameelfontein maak ons die verskil wat ons graag wil sien. Op 15 Maart 2014 hou ons ‘n damestee. 'n Modeparade deur Kameelfontein se eie pa’s en oupas het die dames terdeë vermaak. Daar was gepronk en gepou en selfs hier en daar van ‘n hemp ontslae geraak. Die dames het superman (Augus Rocher) as wenner aangewys. In 2011 raak ons betrokke by Dynamic Women for Children en 20 kinders wat elke dag baie finansiële en emosionele uitdagings moet hanteer word deel van ons skool. Ons voorsien vir hierdie kinders boeke, klere, kos en skoolopleiding. Aangesien hulle ouers geen skoolgeld kan bekostig nie word hierdie uitgawes alles deur die skool gedek. Met die gemeenskap en Dynamic Women for Children se betrokkenheid het hierdie verhaal in 'n suksesstorie verander. Vandag word hierdie maats se skoolgeld, klere en naskool grootliks deur die gemeenskap geborg. Valentynsdag het al die kinders en onderwysers rooi aangetrek. Mnr. William Singleton het die tema deeglik ter harte geneem en was die liefling van die dag. Duan-Marie Joubert, Khanyi Ntombeni-Gauteng Noord akrobaat. Corné Kruger-Karate SA-derde plek. Ruben Fick-SA Kickboxing kampioen, 26 leerders-bo 80% gemiddeld in termyn 1 en 2. Baie geluk. 26 roodelife.co.za