RHS Gedragskode 2019 Gedragkode 2019

HOËRSKOOL RUSTENBURG GEDRAGSKODE VIR LEERDERS ETIEKKODE Ek verbind my plegtig tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, en ek onderneem om die reg en die regstelsel te respekteer, te onderhou en te bevorder. Ek verbind my daartoe om:       die waardes van die skool ten alle tye uit te leef; hierdie gedragskode en al die reëls en regulasies van die Hoërskool Rustenburg getrou na te kom; hoë morele en etiese standaarde te handhaaf; daarna te streef dat my optrede altyd verantwoordelik en ter bevordering van die skool se goeie naam sal wees; my skoolwerk met ywer, pligsgetrou en met toewyding te doen; die nodige hoflikheid en respek teenoor alle personeel, medeleerders, en besoekers te betoon en in alle omstandighede met integriteit op te tree. Ek onderwerp my aan enige dissiplinêre maatreëls indien ek sou versuim om enige bepaling of maatreël in die skool se gedragskode na te kom. GETEKEN TE RUSTENBURG OP HIERDIE _____ ________________ LEERDER Gedragskode RHS 2019 DAG VAN _____________ 2019