Review/Oorsig Volume 22, Issue 01 | Page 24

Oorsig/Review tot kalf-oorlewing. Aangesien baie kalwers nie natuurlik genoeg colostrum inkry nie, is dit goeie praktyk om seker te maak dit gebeur. Dit is een van die redes waarom vroeë skeiding van die ma aanbeveel word en ‘n standaard hoeveelheid goeie biesmelk toegedien word. ‘n Ander belangrike oorweging is besmetting van die koei se uier en spene in die kraamkampie. Die oormatige hoeveelheid bakterieë wat in die kalf se derm beland kan die opname van teenliggaampies nadelig beinvloed en vinnig derm-ontsteking veroorsaak. Dit is ‘n kritiese punt en veral van belang in die beheer van Kriptosporidium. Swak oordrag van immuniteit teen belangrike siektes kan tot hoë kalfvrektes lei en noodwendig die kalf-grootmaak bedryf ekonomies kniehalter. Daar is ook bewyse dat hierdie vroeë tydperk ‘n belangrike invloed kan hê op die vers se toekomstige melkproduksie. Dit is gesê dat geen hoeveelheid biesmelk kan opmaak vir ‘n vuil, besmette kalf-omgewing nie. Produsente onderskat dikwels die rol wat higiene speel. Voorbeeld van Radio-immuun toets 4 Toetse Vir Pasiewe Immuniteit Teenliggaam-vlakke(IgG) van 10g/L in bloed word algemeen aanvaar as die minimum verlangde vlak om beskerming te bied. Die Radio-immuun diffusie- toets meet teenliggaampies direk en word beskou as die goue standaard. Nog ‘n direkte toets is ‘n Elisa- toets . Hierdie is egter nie kommersieël in SA beskikbaar nie, en laborotorium kundigheid is nodig. Indirekte toetse is: - Sink-sulfaat presipitasie , Voorbeeld van colostrometer - Natrium-sulfied en - Totale serum-proteine(TSP). Hierdie toetse is nie hoogs spesifiek nie, en kan deur bv. ontwatering beinvloed word. TSP word mbv ‘n refraktometer gemeet. Die ideale tyd om bloed te trek is tussen 24h na geboorte en 7 dae ouderdom. Hoewel dit soms moeilik is om individuele probleme te korrigeer, kan dit van onskatbare waarde wees om op ‘n gereelde basis hierdie toetse te laat doen en daarmee die stelsel te evalueer. Dit is redelik eenvoudig en prakties om die biesmelk te toets met ‘n colostrometer op die plaas. Veeartse kan as deel van hul diens ook kalwers se bloed evalueer met ‘n Refraktometer vir voldoende passiewe immuniteit. 24 Voorbeeld van refraktometer