Review/Oorsig Volume 22, Issue 01 | Page 22

Oorsig/Review BIESMELK EN OORDRAG VAN IMMUNITEIT BY KALWERS Die faktore wat ‘n rol speel en hoe om daarvoor te toets Dr Riaan Mulder( B.V.Sc; M.Sc.), Uitenhage Vet. 1. Biesmelk En Oordrag Van Immuniteit By Kalwers Nuutgebore kalwers besit feitlik geen teenliggaampies met geboorte nie, en dit is noodsaaklik dat voldoende hoeveelheid en kwaliteit colostrums so gou moontlik ingeneem word. Goeie bestuur rondom kalwing is waarskynlk die enkel mees belangrike faktor in die lewe van die kalf. Colostrum-kwaliteit bepaal die oordra van passiewe immunitet en dus kalf lewensvatbaarheid. Melkkoeie in ons kus-streke word dikwels afgeskeep in die droë tyd a.g.v seisonale voeding-tekorte wat lei tot gewigsverlies. Is dit moontlik dat dit kan lei tot swakker colostrum en kalwers ? Per definisie is Colostrum die melk net na geboorte in die uier. Die vorming begin in werklikheid lank voor geboorte. Vroulike hormone speel ‘n belangrike rol in die initiasie van die colostrums- proses. Dit bevat bestandele van die koei se bloed en afskeidings uit die uier. Teenliggampies(soos bv. IgG) teen siektes vorm ‘n baie belangrike deel hiervan. Daar is egter ook verskeie Immuunselle, groei faktore, hormone 22 en ander anti-mikrobiale faktore en belangrike nutriente teenwoordig. Hiedie speel ‘n baie belangrike rol in die ontwikkeling van die dermkanaal en verskaf noodsaaklike voeding aan die pasgebore kalf. Faktore wat ‘n rol speel Daar is ‘n groot variasie in Colostrum- kwaliteit. Goeie gehalte Colostrum word beskou as om ‘n IgG konsentrasie van meer as 50g/L te hê. Sekere faktore wat Colostrum- kwaliteit beinvloed, soos ras en ouderdom is waarskynlik buite die boer se beheer, terwyl entings, droeë tydperk-lengte, en bestuur wel manipuleer kan word. Ras. Sommige navorsers het ras- verskille bevind, maar dit is nie noodwendig die geval nie. Laktasie. Dit word algemeen aanvaar dat ouer koeie meer blootstelling aan siektes gehad het en dus beter colostrum sal produseer. Dit is egter nie absoluut korrek nie. My eie navorsing het die teendeel bewys.