Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 58

“ Niemand in hierdie omgewing het daardie tyd organies geboer nie . En vir iemand soos ek wat nie ’ n boerderyagtergrond het nie , was dit bitter moeilik om van tradisionele boerdery oor te skakel na organies .”
“ Jy besef baie vinnig hoe meer jy bemes hoe meer besoedel jy die rivier . … wanneer jy bespuit , maak jy die goeie organismes tesame met die skadelike dood .”
Jannie se nering was aanvanklik geologie . En soos met die meeste lewensveranderende besluite wat mans neem , kom dit met die skoner geslag wat die hart binnesluip .
“ Ek het my vrou in Namibië ontmoet waar ons beide as geoloë gewerk het . Dit was eers nadat ons kom boer en die kinders aankom het , dat ons besluit het die storie moet verander . Dis een ding om kos te eet wat met gifstowwe bespuit is . Dis ’ n ander om die goed vir jou kroos in te jaag .”
Jamaka lê in ’ n mesgesnyde kloof al langs die Rondegatrivier .
“ Jy besef baie vinnig hoe meer jy bemes hoe meer besoedel jy die rivier . En hierdie is hoeka ’ n wildernisgebied . Die ander ding : wanneer jy bespuit , maak jy die goeie organismes tesame met die skadelike dood .”
Hierdie verligte denke kom natuurlik met ’ n premie . Tradisioneel-geboerde bome is gewoond om met bemestingstowwe gevoer te word . Neem die voeding weg en die bome is te verhonger om die volgende jaar ’ n
goeie drag aan te sit . Die vrugte is gevolglik minder en kleiner .
“ En ons het nie geweet van organiese metodes om peste mee te bestry nie . Dit is nou veral vrugtevlieë . Die ander groot probleem was dat vir die eerste drie tot vier jaar kan jy nie die vrugte as organies verkoop nie . En daardie jare was daar in elk geval nie eintlik ’ n organiese mark nie .”
Jannie is egter nie ’ n kêrel wat sy tyd verbeusel met die oënskynlik onoorkombare nie . Met sy vragmotor vol sakkies lemoene gelaai , het hy omliggende plakkerskampe en minderbevoorregte gebiede betrek en daar gesmous .
Uiteindelik het hy die bemestingsprobleem opgelos deur sy skape , hoenders en ganse se mis te komposteer . Die vrugtevlieg se vlerke word deur ’ n toelaatbare produk uit Australië geknip .
Jamaka se probleme het egter nie soos rein gewetens uit baie van ons regerende partylede se koppe verdwyn nie .
“ Ons produksie is baie minder . Maar vandat ons goeie markte gevind en bekend geraak het , is dit nie eintlik meer ’ n probleem nie . Die goeie pryse vir organiese produkte maak baie op vir die oesverlies .
Jannie se organiese inkomste ewenaar nou dié van sy vorige tradisionele praktyke .
“ Ons uitgawes verbonde aan verpakking , arbeid en vervoer is baie minder . Ek sou sê ons vaar tans baie beter as voorheen .”
Jamaka boer vooruit . Dus maak dit sin dat buurboere die lig sal sien en ook saam met die natuur boer .
“ Hier is ’ n paar wat op klein skaal probeer . Maar die tradisioneel kommersiële boere het net nie die aptyt vir daardie baie duur en riskante oorskakeling nie .”
Jannie gaan wys die plaas met sy reusekampeergeriewe in ’ n bosboomwoud langs die rivier .
Die ding het ’ n paar jaar gelede teen die Oubergpas aan die brand geslaan en die manne moes die vlamme met ’ n drieliterboks wyn doodgooi .
“’ n Ou omie het eendag vir my die beste raad ter wêreld gegee . Die ou kêrel was glo in die spesiale klas op skool , maar het geweet van boer . Sy raad was dat boere elke maand ’ n kontantinkomste moet hê . Jy moet elke maand kan oes . Met die kampgeriewe en huisies oes ons baie maande van die jaar .”
Ek is hier vir mango ’ s en hulle hang persblou soos paartieballonne aan die bome .
“ Ons het natuurlik probleme met bobbejane wat die vrugte eet , maar ons het dit ook opgelos . Ek het pale met sonpanele en waterdigte radio ’ s bo-op . Sodra die son opkom , begin die radio ’ s speel . Die bobbejane hou glad nie van mensstemme nie .”
Jannie wil egter nie uitpraat oor watter radiostasie Kees se ongewildste is nie .
Dulcie en die drywer skud-skud weer die langpad terug . Verby die wynproelokaal . Later verby die bierbrouery . Te kapoet . Ook maar goed . Die volgende dag ontmoet ek , soos my oorle Ouma Malie outyd gesê het , ampertjies my Heiland .
9 10 11
9 André Stander en die wederopgestane Nuts 10 Op Commando 11 Hierdie engel vergesel die oorle dene se siel na Karhemel . 12 Pieter Andersen lei die diens . 13 Die oorledene se aankoms 14 Die laaste keer wat die Peugeot ’ n gat van homself maak . 15 Opgetofde begrafnisgangers 16 By die kluit-klap op die enjinkap 17 Gewyde eerbetuigers 18 Ek sal hier , gat omhoog , vir julle bly wag . 19 Hierdie mouter vertel alles . ( op die volgende bladsy )
56 Plaastoe ! July 2017