Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 57

5 Daardie jare was die naaste winkel aan Rykman die een in Op-die-berg. Om en by 120 kilometer en twee bergpasse weg. “Maar hy ry nie. En elke dag praat ek harder. Maar hoor is min. En Meneer, toe hy gistermiddag nog nie gery het nie, toe hou ek laasnag terug. Va’more toe ry hy. Kyk, daar loop sy spore.” As ek op ouderdom tagtig bereid is om my fiets op te neem om 120 kilometer agter ’n pakkie twak aan te ry, bloot omdat ek die vreugdes van die vlees ontsê word, loop my besigheid klopdisselboom. So kom ek laatmiddag op Wally en Henriette se plaas De Vloeren aan. Henriette sê met die afpakslag, “Kyk daar!” Dotjie, die fox terrier, kom met haar ronde lyfie aangedraf. Kort op haar hakke volg ’n swart-en-wit skaaplam. “Dis Frikkie,” stel Henriette my aan die hanslam bekend. “Hy’t vir Dotjie aangeneem as sy ma. En slaap nou saam met Mamma op ons bed. Maar die outjie is nog nie lekker ge- house train nie ...” Stories. Die waarheid gelieg, óf die lieg waargepraat. Maak nie saak nie. Stories gee kleur. En viooltjies in die voorhuis is ongetwyfeld blou en rooi. Met dié wete in my hart, druk ek Dulcie (ons Hilux 6-silinder, 4-liter petrol) se ruim voorstewe vroegoggend teen Skitterykloof uit, die Koue-Bokkeveld in. Op pad na Jamaka, ’n organiese vrugteplaas wat spog 6 met mango’s. Ja, mango’s in die Sederberge skuins anderkant Algeria. Die son kom reg agter ons op en met die stof uit daardie rigting belig, lyk dit asof ek en Dulcie deur ’n stralekrans omgeef is. ’n Goeie teken vir die opspoor van die oorvertelbare. Halfpad teen Katbakkies se onmoontlike steilte af, word die Rietrivier sigbaar. Dit is hier waar die digter Boerneef vertel van hoe hy as kind gedurende die vroeë wintermaande die skaap vanuit die ysige Bokveld moes afjaag na die laerliggende en warmer Karoo. By die Rietrivier aangekom, moes gekyk word of die voorbok deur die rivier sou loop. Loop die bok deur, volg die skaap. Verseg die bok ... Vreemd. Gedurende die oujare was die voorbok ’n bate. Vandag is hy ’n las, ’n belhammel (wat natuurlik met die klok om sy nek óók ’n tropleier is). Só was daar vanmelewe die gesegde om “Iemand ’n pas na die Koue Bokkeveld te gee”. Dit het beteken daardie persoon is ter dood veroordeel. Tot vandag toe praat ons van oorledenes as bokveld toe. Seker vanweë daardie geweste se ongenaakbaarheid. En ongenaakbaar is die stuk grondpad waar jy links hou by Matjiesrivier, in plaas van reguit aan oor Eselbank na Wuppertal. Dulcie skud en skommel en kreun oor die sinkplaatpad. Toe die ou haar lyf op een kol bykans dwars in die gepuinde pad gooi, skakel ek oor na viertrek. Verby die Stadsaalgrotte kotiljons my tande. Ek wil eers van plan verander en eerder by Kromrivier se Nieuw Brew- bierbrouery die handdoek ingooi, maar vir die vryskutskrywer is pligsversuim ’n onbekostigbare luuksheid. Netsó by Cederberg Wines se proelokaal op die plaas Sanddrift waar die wingerdstompe knoetsig hul herfsblare teen die oggendson afwys. Op pad terug sal ek daar inval, belowe ek my. Skaars verby die Algeria Kampeerterrein, of die pad na Jamaka swaai links weg. “En vir iemand soos ek wat nie ’n boerdery-agtergrond het nie, was dit bitter moeilik om van tradisionele boerdery oor te skakel na organies.” Jannie Nieuwoudt hap-hap aan 60. Vee egter die grys bossiehare (sien ’n perdeblom in die geestesoog) uit die prentjie en met sy tenktop en modieus geskeurde langkortbroek is hy ’n tiener. Die huppel in die stap. Ongebonde. Praat met Jannie en jy kom vinnig agter hy het elkeen van daardie grys hare verdien. En hy dra hulle soos Honoris Crux, toegeken vir uiterste dapperheid. En uiters dapper was hy. Nié op die grens nie. Eerder op sy vrugteplaas ongeveer 20 jaar gelede. 1 Leon Mostert, die man agter die stuurwiel tydens die lyk se avondrit (eerste bladsy van artikel) 2 Wally se dam waar gevriesde snoeke wederswem. 3 Henriette en Frikkie saam met die aangenome moeder Dotjie 4 Jannie Nieuwoudt, die dapper organiese boer 5 Die wapad roep na Mount Ceder se olyfboorde en verby. 6 Die stralekrans haal ons in 7 Jannie se weerkaatsende grassnyer 8 Wingerde in die Sederberge 7 8 Plaastoe! July 2017 55