Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 56

2 3
So sit Wally Lange , my beminde Giselle en die uwe ’ n wyle gelede by die Tankwa Padstal in Wally se nuut geboude plaspoel . ’ n Ronde baksteendammetjie met sitplekke reg rondom . Net die regte diepte . Die dam se rand is breed genoeg vir glase vol van dit wat eens water was en jy kyk salig oor die dorre vlaktes tot by Pramberg . Terloops , Wally het die dam só geplaas dat hy van agter die kroeg toonbank die meisies in hul skamele baai broekies onder die oog kan hou . Nié hieroor , of daaroor nie . Bloot vir wanneer een van hulle wil verdrink en hy sy Bay Watch-ding moet doen .

Nog ’ n feit : die poel word volgehou met boorgatwater . Só sout , dit laat die seewater by Tietiesbaai na bottelwater proe . Kom vrind Francois van die Bokveld aangery . Nou , Francois was toe tydelik op die waterkar . Nié omdat hy nie sy drank kon vat nie ( hy is immers ’ n man wat gereeld kerk toe gaan ). Eerder beseringstyd . Maar sy Verlosser leef en Francois se olikheid is tydelik . Die punt is : Francois was desnoods onder die invloed van nugtere denke . En dus ’ n man wat die waarheid sou praat .

Hy leun met sy elmboë op die dam se rand en voel-voel aan die water . “ Ou Wally ,” sê Francois in sy gruisstem . “ Hierdie water is só sout , gooi jy ’ n gevriesde snoek in dié dam van jou , swem hy binne ’ n minuut .”
Spring is weer ’ n platjie van ’ n anderste water . Alhoewel hy nie die tyd van sy storie op die waterkar was nie , is hy ’ n man van
voortreflike inbors en kan sy woord as ongelieg aanvaar word .
“ Gaan ek en ’ n mater om veld en skaap te loop kyk hier onder in die Ceres-Karoo .”
Regdenkendes kan geredelik aanvaar met padkos in die koelboks . Wanneer die veld darem net té droog lyk , moet die kele ten minste nat gehou word .
“ Ry ons so en daar kom ’ n donkiekar van
In die oujare het behoeftiges noodgedwonge klere van ou meelsakke genaai .
vooraf aan . Die vreemdste ding is , daar ’ s nie ’ n leiselsman op die karretjie nie . Die donkies hou egter koers en lyk asof hulle presies weet waar hul voer en rus wag . So in die verbygaan sien ons twee manne agterop die kar lê . Lippe teen die klippe van die rooiproppie en vas aan die slaap .”
Maar Spring en sy maat stu voort , kyk veld en maak nat soos die behoefte hom voordoen .
“ Later kom ons weer terug en daar staan die donkies met karretjie en al voor ’ n toe plaashek . Ons hou stil . Ja , die manne op die karretjie dut nog . Stilletjies maak ons vir plaashek oop , span die donkies uit en lei hulle deur . Ons maak weer die hek toe en druk die disselboom deur die hek . Nou span ons weer die donkies aan die anderkant van die hek in . En ons wag . Later kom die manne by . Sit regop . Vryf slaap uit die oë en die songebakte babalaas uit hul koppe . Hulle sit skielik orent en bekyk die spulletjie . Hoe , wonder hulle luid , sou die donkies deur die hek gekom het ? Hoe ?”
Selwers sien ek onlangs ’ n plek genaamd Rykman op ’ n padkaart . Kort duskant Die Mond waar Tant Linda Hough eendag vir my gesê het , “ Met jou kan dit nié goed gaan nie ”. Oor my meelsakbroek . In die oujare het behoeftiges noodgedwonge klere van ou meelsakke genaai . Maar met ’ n mengsel van water , lampolie en boerseep ’ n doepa gefatsoeneer waarmee die drukwerk uitgewas is . Net die armstes onder die armes en toetental reddeloses het klere gemaak met die woorde en koringhalms nog op die hempgoed te sien .
Nietemin . Ek kom die Sondag by Rykman aan . ’ n Rampsalige gehuggie . ’ n Entjie weg , ’ n klompie kruiperige doringbome oor ’ n antieke motorwrak met die enjinkap oop wat lyk soos ’ n dier wat uit die lydensbeker drink en ten hemele skal .
’ n Tante wat oud genoeg lyk om Metusalem se geboorte te kan onthou , druk die huisie se kermende deur oop en kom aangedraf . Rosyntjiegesig . Gebitloos . Sy trek op pad haar voorskoot reg . Druk ontsnapte korreltjies onder haar kappie in en kom staan langs die bakkie .
Sê sy onbeskaamd , “ Meneer het nie dalk ’ n siegret vir my nie , asseblief ?”
Ek gee haar vier . Sy asem die rook diep in . Hou hom daar . Blaas uit en staar die rook met misnoeë agterna . Asof sy ’ n geliefde aan die dood afstaan .
“ Sê ek laas Woensdag vir my ou man , hy moet die baaisiekel vat en loop rookgoed koop .”
4
54 Plaastoe ! July 2017