Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 35

Die stygende koste van en beperkte toegang tot tersiêre instellings , asook vernuwings op die terrein van aanlynopleiding , kan op ’ n toepaslike wyse aangevul word deur vernuwings in aanlynopleiding . Dit is rééds besig om geleenthede te skep vir die opkoms van private landboukolleges .
Dit kan toegang tot bekostigbare onderrig op die vasteland verbreed . Só sê mnr . Howard Blight , voorsitter en stigter
… nuwe onderrigmetodes en private onderwysinisiatiewe is ook op die horison .
van Agricolleges International , ’ n nuwe rekenaarwolkgebaseerde instelling wat aanlynopleiding in die landbou wil verskaf .
Volgens Blight word ’ n eenjaarlandboudiploma onder meer beoog sodra die nodige akkreditasie van die staat verkry is . Dié maatskappy is reeds besig met dié proses en studente sal na verwagting reeds in 2018 by dié instelling kan inskryf .
Alle kursusmateriaal sal deur die US se Fakulteit AgriWetenskappe goedgekeur word . Ander universiteite se landboufakulteite sal ook geraadpleeg word om hul aanbod te verfyn .
Blight sê daar is veral ’ n “ groot behoefte ” aan toeganklike en bekostigbare landbouverwante kortkursusse wat
Die sektor kort nuwe energie en vernuwende idees wat aan jongmense die geleentheid bied om aktief deel te neem aan die ontwikkeling van die bedryf .
toepaslike vaardighede bied of produsente se kennis kan aanvul of opskerp . Die kursusse sal aanvanklik in Suid-Afrika aangebied word , maar ander lande suid van die Sahara is ook in Agricolleges International se visier .
Studente sal die kursusinhoud deur middel van ’ n e-leerplatform ontvang . Hulle sal nie net kennis verwerf deur ’ n proses waar hulle uit kursusmateriaal leer nie , maar ook by mekaar ( sogenaamde ‘ blended learning ’). Praktiese aspekte van die leerplanne sal in ‘ sentrums van uitnemendheid ’ aandag kry , onder meer by landbou-opleidingskolleges , verduidelik hy . Die koste van Agricolleges International se diplomas sal R29 000 en meer per jaar beloop ( aansienlik minder as by ’ n residensiële universiteit ).
Kenners met wie Plaastoe ! gesels het , beklemtoon die belangrikheid van onderrig en vooruitgang met behulp van tegnologie asook die ontwikkeling van mense om die landbousektor te help groei . Daar is ook kwessies oor bekostigbaarheid , kompeterende loopbaangeleenthede , die loopbaanprofiel van landbou en knelpunte wat betref die akademiese onderbou en bedryfsvaardighede van studente wat aandag moet geniet .
Daar is egter ook nog harde werk wat voorlê om jongmense te oortuig dat ’ n loopbaan in landbou vir hulle voordelig sal wees .
Die sektor is besig om te ontwikkel en daar lê nog talle geleenthede in die volgende 20 tot 30 jaar voor , sê Van der Rheede . Buiten opleiding benodig afgestudeerde studente ook mentorskap .
Brink som op : “ Die sektor kort nuwe energie en vernuwende idees wat aan jongmense die geleentheid bied om aktief deel te neem aan die ontwikkeling van die bedryf . Juis hierin kan gehalte-onderrig ’ n rol speel .”
LIG - WAARHEID - LEWE

NUKLEUS ONDERWYS

• Van graad R tot graad 12
• Nasionale Senior Sertifikaat
• Wettige rapporte kwartaalliks
• Deurlopende evaluering en terugvoering
ANKER JOU KIND SE KENNIS EN WAARDES IN GOEIE GROND .
Vanderbijlpark : Tel : 016 931 1727 H / V H . F . Verwoerd & Becqueral Straat Vanderbijlpark , 1911 ontvangs @ nukleus . co . za
WWW . NUKLEUS . CO . ZA
George : Tel : 044 873 0346
Posbus 10113 George
6530 info @ nukleus . co . za