Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 32

O

OPLEIDING

Plant ’ n saadjie vir die toekoms

DEUR JORISNA BONTHUYS
Boer ons vooruit wat landbouopleiding in Suid-Afrika betref ? Ons gesels met landbouleiers en opvoedkundiges hieroor .

Die dae dat ’ n student gaan boer sodra hy of sy die skool verlaat , is lank reeds verby – die bedryf het verander en daarmee saam die manier hoe opleiding verskaf ( moet ) word .

Die sektor benodig ’ n uiteenlopende variasie van kennis en vaardighede wat fokus op praktiese én tegniese aspekte . Só sê dr . Fanie Terblanche , ’ n senior dosent van die Universiteit van Pretoria se Department Landbou-ekonomie , Voorligting en Landelike Ontwikkeling .
Om deesdae ’ n plaas ekonomies te bedryf vra baie van produsente , veral nuwe toetreders . Volgens hom moet hulle tegnologies geletterd wees , marktoestande begryp en personeelbestuur kan toepas . “ Heelwat jong mense beland in boerdery sonder bestuursopleiding , maar met praktiese kennis en omgekeerd .”
Die landbousektor het ook gekompliseerd geraak . Landbouproduksie sal die volgende 40 jaar waarskynlik moet verdubbel om in die toenemende aanvraag na kosprodukte te voorsien . Daar is ook ander uitdagings soos klimaatsverandering , personeelkwessies en hulpbronbeperkings . Produsente moet ook toenemend aanpasbaar wees in ’ n wêreld waarin landboutegnologie en markte snel verander .
Lei ons die regte tipe jong mense op vir landbou inaggenome al die uitdagings in die sektor ? En : is ons opleidingsaanbod en die instellings hiervoor toepaslik ?
Op skoolvlak reeds kan ’ n kind wat belangstel in landbou en verwante bedrywe aan toepaslike beroepsgeleenthede ( soos plantnavorsing en voedselwetenskap ) blootgestel word in een van die land se 45 erkende landbouskole .
By hierdie ( staat- ) skole , wat landbougerigte vakke aanbied , kan leerders reeds basiese vaardighede verwerf en ’ n landbougerigte ingesteldheid kweek wat dikwels tot hul voordeel in nagraadse studie sal strek .
30 Plaastoe ! July 2017