Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 31

9 10 9, 10 , 11 Melkery 12 Carl Opperman, Agri Wes-Kaap te verrig. Buiten die genoegdoening en bevrediging wat ek uit boerdery haal, is dit wonderlik om te kan weet ek verskaf werk aan broodwinners en help dat hulle ’n goeie huis en kos op die tafel aan hulle familielede kan voorsien.” Die plaas wag. Sy rusteloosheid om tussen die diere te werk, is sigbaar. Ek vra met die groetslag wat die toekoms inhou en of hy gaan uitbrei? “Ons is tans besig met uitbreiding aan die melkerygedeelte – ’n nuwe kalf-grootmaak-eenheid. Ons kyk deurentyd in watter opsigte ons bestuurspraktyke kan verbeter, om sodoende verliese uit te skakel. Op hierdie stadium is die plaas vir ons doeleindes groot genoeg - hier is plase in die omgewing wat groter is as ons. Ek sal graag in die toekoms wil uitbrei, as die geleentheid hom voordoen.” 11 Sy sê voorts die provinsiale wenner kry ’n trofee en die nasionale wenner van die Agri SA Toyota SA Jongboer van die Jaar, wen ’n Toyota-bakkie. “Elke jaar wys die kompetisie vir ons die jong boere kom plaas toe met nuwe ywer, hulle gryp tegnologie aan, maak ’n verskil en sien ’n toekoms,” vertel Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, my later. Hy sê dit is inspirerend om te sien hoe positief en vol planne die Wes-Kaap se jong landbouers is. “Ek het hoop vir Suid-Afrika se toekoms met ons landbou wat in sulke kundige hande is.” Johann sal in Oktober aan die nasionale Agri SA Toyota SA Jongboer van die Jaar kompetisie deelneem, waar hy teen die wenners van die ander provinsies te staan sal kom. Jeanne Boshoff, kommunikasiebe­ stuurder van Agri Wes-Kaap verduidelik “Elke jaar wys die kompetisie vir ons die jong boere kom plaas toe met nuwe ywer, hulle gryp tegnologie aan, …” dat boere 40 jaar en jonger kan inskryf vir die kompetisie. “Die beoordelaars beoordeel elke boer op sy plaas, wat ’n tydrowende proses is, want hulle word onder meer beoordeel op rekordhouding en finansiële kontrole, produksiebestuur, hulpbron- bewaringspraktyke, bemarkingsbeleid, risikobestuur, onderhoud van implemente en toerusting, arbeidsbeleid en -praktyke, betrokkenheid by georganiseerde landbou.” Sy voeg by dat kompetisies soos hierdie noodsaaklik is om vir jongboere die erkenning te gee wat hulle verdien. 12