Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 29

Soos menige ander boer, glo hy die grootste uitdagings wat ’n boer in 2017 in die gesig staar, is die droogte en stygende insetkoste. Vir hom op ’n persoonlike vlak, was die grootste oorwinning op sy plaas, om die plaas se dravermoë te verhoog, deur beter bestuurspraktyke toe te pas. “Die melkkudde se uitbreiding van 840 na amper 1100, 627 skape na 2000 ooie en ’n 450 boerbokvertakking wat ons op die been gebring het. Ons boer egter nog steeds op dieselfde grond waarmee ons begin het. “Ek dink jong boere moet vandag deursettingsvermoë hê en hardwerkend wees om suksesvol te wees. Met elke dag se opstaan, begin ’n boer die dag met nuwe passie. Jy het ook waagmoed nodig: soms lyk twee besluite ewe goed of sleg; dan moet jy kan waag. “Ek glo ook aan geloof en vertroue: ons Almagtige God gee sin en definisie aan elke dag se bestaan.” Sy raad aan ander jong boere wat soms wil tou opgooi, is dat niks in die lewe maklik is nie. “As jy daarvan hou om te boer, moet jy fokus op die dinge wat jy kan beheer. Omring jouself met kundige mense. Elke landbouvertakking en -sytak, het ’n spesialis, wat graag hul kennis, insig en ervaring met jou wil deel. Nader hulle, gebruik hul kennis. Dit is alles ’n stappie nader aan jou groei en sukses.” Hoewel hy baie suksesse behaal het, glo hy dat die uitdaging vir elke boer om produktiwiteit en winsgewendheid te verbeter, verskil. “Elke plaas is uniek. Bepaal die drakrag van die plaas en bestuur dit daarvolgens. Tegnologie en bestuurspraktyke speel ook ’n groot rol om die drakrag te bepaal. Beproef alles en kyk wat vir jou die beste werk,” sê hy. Johann sê: “Boerdery is vir my die mees gesonde, dienende en nederige werk om Versekering wat koning kraai op die plaaswerf. As die leier in korttermynversekering vir byna 100 jaar verstaan Santam die boerderybedryf. Daarom verseker ons alles van jou vee en oeste tot jou persoonlike en boerderybates onder een sambreel. Santam. Regte, egte versekering. Vir meer inligting, bel jou makelaar of besoek www.santam.co.za/products/agriculture. Plaastoe! July 2017 27 Santam is ’n gemagtigde finansiële-diensverskaffer (lisensienommer 3416). weidings- en voedingkundiges, landbou- ekonome en ons rekenmeester in.” As hy sy mentors moet uitsonder, sal dit sy pa, en sy skoonpa, Johann Koegelenberg, wees. Hy vertel dat hy dankbaar is teenoor sy pa vir die geleentheid om daar te kan boer en die passie en drome wat hulle saam vir boerdery gehad het. “My skoonpa wat in alle tye my ondersteun en daar is om raad te gee of net te luister na my planne en drome.” ’n goeie deklaag vir organisiemateriaal kan vorm en vogbewaring kan verseker. Ons maak gebruik van ’n Notill-planter om graangewasse te plant en voor elke koringaanplanting, doen ons die nodige regstelling met kalk of gips. Verder poog ons om elke vierde jaar die grond diep los te maak. “Ons plant ook in die somer 100 ha dekge­ wasse waarop die skape wei en dit word dood­gespuit voordat dit saad maak, voor ons koring op die grond plant,” vertel hy. Johann sê hy luister graag na verskillende mense se raad en pas dit dan toe op die boerdery. “Hierdie mense wissel van my boerdery-vriende tot kundiges op hul gebied, waaronder Willie Cronjé, ’n onafhanklike weidingkundige en suiwelkonsultant, Sjoerd ten Cate, voedingkundige van Feedtek, dr. Albert van Zyl, die veearts op Heidelberg en Frans Hugo van CMW Wol.” As hy moeilike besluite moet neem, lê sy vertroue ook in kundiges. “Ek gebruik ’n span kundige mense op hul verskeie gebiede om die nodige navorsing in te samel, voordaar op ’n aksieplan besluit word. Hierdie mense sluit my bestuurspan,