Plaastoe! Julie 2017 Uitgawe 17 | Page 28

8 8 Johann Nel en sy vrou Madelé by Agri Wes-Kaap se president Cornie Swart. woordelik is vir die skape en boerbokke asook al die meganiese werk op die plaas: van plant tot die oes van die graan. Hy verduidelik dat die verskillende vertakkings onderling afhanklik is van mekaar, aangesien die werkafbakening in baie opsigte by mekaar aansluit en oorvleuel. “So word ons genoodsaak om mekaar te help, baie te kommunikeer en elkeen van die bestuurders is op een of ander wyse by die meeste van die aktiwiteite betrokke. Laaste maar verseker nie die minste is die 26 Plaastoe! July 2017 plaaswerkers. Daar is 35 personeel wat die werkswinkelbestuurder, melkery- en kalfpersoneel, trekkerdrywers en algemene werkers insluit. “Die bestuur woon almal op die plaas en die meeste van die plaaswerkers ook. Sewe van die plaaswerkers woon op die nabye dorpie, Suurbraak. Die werking van die plaas is verdeel in die beste boerderypraktyke. Johann verduidelik: “Met die melkery is ons op weiding onder besproeiing, op die beter grond vestig ons ’n grasklawer-mengsel. Ons breek die siklus elke vierde jaar met tef, waarna daar weer grasklawer gevestig word. Die ander weiding is kikoejoe wat met eenjarige raaigrasse ingeplant word. Verder plant ons ook mielies onder die spilpunte en hawer op die droogland, vir ruvoer vir die melkery. Ons doelwit is om soveel moontlik ruvoer self te produseer om koste te sny. “Met die graan en die skape gebruik ons ’n rotasiestelsel waar hawer (vir wei en kuilvoer), met koring en gars afgewissel word. Ons laat doelbewus soveel moontlik materiaal agter ná ’n oes, sodat